Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinerivier Cottages

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kleinerivier Cottages is 2 selfsorg-eenhede op 'n werkende plaas wat geleë is tussen die Outeniekwa- en Kammanassieberge net anderkant die R62. Dis 75 km vanaf George, 85 km vanaf Oudtshoorn en 35 km vanaf Uniondale. Dit is perfek vir gaste wat opsoek is na 'n rustige wegbreekplek met landelike dekor sonder die stad se gedruis.

Romeo is losstaande en privaat, en het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis en eetarea is oopplan en geriewe sluit die volgende in: 'n yskas en mikrogolf, stoof en oond en oorgenoeg kasruimte om breekware en eetgerei te stoor. Die eetarea het 'n houttafel met stoele vir etenstyd. Daar is ook braaigeriewe en hout word voorsien.

Royal Beaut is 'n vrystaande eenheid met 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder is daar 'n kombuis en 'n toegeboude stoep met braaigeriewe. Die warmwatersisteem bestaan uit 'n donkie.

Die eiendom bied 'n reeks aktiwiteite, pragtige fynbos-staproetes, bergklim en fietsrypaaie wat wissel van roetes vir die beginner tot die meer ervare fietsryer. Kleinerivier Cottages vorm deel van die Tuinroete se Camino-pad. Hierdie roete is 234 km lank en neem 12 dae om te voltooi.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Johann B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf in 'n pragtige omgewing met 'n vriendelike gasvrou. Dit is werklik 'n uitstekende blyplek, volledig toegerus, die mooiste omgewing...
Sien meer
Des 2023
Hanru D
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste ligging, rustig en goeie waarde vir geld. Daar is 'n kort grondpad tot by die eenheid, maar mens kan dit met 'n klein kar ry. Die eenheid het ...
Sien meer
Okt 2023
Luke P
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic farm for a quick stay or longer! We loved the views, kind owners and well equipped cottage. This time it was just a one night...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Sarel S
Saam met lewensmaat
4.8
Kan aanbeveel. Baie lekker wegbreek, in 'n historiese interessante streek. Huisie was skoon en netjies, en die eienaars het uit hul pad gegaan om die ...
Sien meer
Jan 2024
Johan N
Saam met lewensmaat
4.8
Uitstekend. Verblyf was uitstekend en was al die moeite werd. Ideale plek vir stilte.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kleinerivier Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07ba4ccbc49532140db11aa67021305a2a7dadcbf89f265c407d8722013a9654c357ae540ebb47e6080d0febadfc771bae26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Farm 56 Noll 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.774278146316 22.877950072289

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang