Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleingeluk Guest Farm

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gerrit E
1 nag
5.0
Des 2023

Pragtige omgewing met foutlose verblyf. Heerlik gebly, alles was net reg. Dankie. Ons sal graag weer hier kom bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Heerlik gekuier op 'n pragtige plaas met 'n rustige atmosfeer. Kleingeluk is asemrowend mooi. Die area is veilig en die mense is hartlik. Die grondpaaie is goed en kan met 'n gewone motor gery word. Henkie en Letsie het seker gemaak ons is versorg en as 'n bonus het ons saam met die werkers gaan volstruiseiers haal in die veld. Ons verwagteninge was by vêr oorskry en ons kan die plek met 'n groot 'thumbs-up' aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annette D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2023

Ons het heerlik gekuier op die stoep en in die veld gestap. Die plaas is pragtig en die natuurskoon asemrowend. Alles is baie netjies in die eenheid en niks het gekort nie. Ons sal beslis teruggaan met fietse om bietjie die veld te verken. Daar is genoeg paadjies om met fiets te ry. WiFi is nogal iets wat mens daar sal gebruik aangesien dit afgeleë is en meeste mense op WiFi staatmaak vir kommunikasie. Baie dankie Letsie en Henkie. Ons sien julle weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Thia D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2021

Wonderlike stilte en natuurskoon in die Klein Karoo. Ons het vir 5 nagte oorgebly by Kleingeluk. Dit was 'n wonderlike wegbreek - stil, sonder selfoonsein (as jy 'n ent van die huis af stap, kan jy sein kry) en enige afleiding en ons het goeie gesinstyd saam spandeer. Die boerdery is interessant en die volstruisbroeipaar met hul babatjies reg voor die huis was iets om te aanskou. Die kinders het die vryheid en die diere geniet. Heerlik gestap en geswem. Het in die geel huis gebly, dit is mooi, ruim en goed toegerus. Sal graag weer gaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carlo G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2021

Boerevriendelikheid en plaas-rustigheid. Baie lekker gebly en aande om die vuur geniet. Kinders het die volstruise en plaas baie geniet. Genoeg ander dinge om te doen in nabye omgewing. Perdry, wynproe en wildbesigtiging.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dewald L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2021

Rus en vrede op sy beste! Wonderlike gasvryheid, gepaard met die mooiste landskap en uitsigte, als terwyl jy die rustige klanke en geure van die plaaslewe in die lug optel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsabe D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2021

Idillies! Wonderlike ligging, pragtige uitsig. Karoo op sy beste.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mouton L
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Okt 2021

Fantastiese ligging en ideaal vir stilte (op 'n werkende plaas). Vriendelikste ontvangs, netjies met alles wat nodig was. Ons huisie het dank Vader nie selfoonontvangs (kon wel met 5 m stap MTN kry vir nood) of DStv nie - net wat mens nodig het om af te skakel. Heerlike paaie vir fietsry of stap. Lieflike sementdam vir swem. 15 min van De Rust en plaaspad goed onderhou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Madeleine C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2020

Ons het 2 aande op Kleingeluk gasteplaas spandeer, op pad see toe. Die "Skoolhuisie" waarin ons geslaap het, is pragtig geleë teen 'n randjie, met 'n lieflike uitsig oor die berge en landerye. Die huisie was netjies en goed ingerig en die lugversorging baie welkom! Ons het heerlik geswem in die groot, skoon sementdam en het dit geniet om op die plaas rond te stap. Ek sal die plaas graag in die winter wil besoek wanneer die 100e alwyne teen die koppie blom!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tony K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2020

A nice, neat, quiet overnight stay. A lovely cottage on a quiet farm. Easy to find and very clean. It may not be the location for an annual holiday, but great for 1-3 nights on route.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Henkie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kleingeluk Plaas, Langs die R341, 15 km vanaf De Rust, 6650, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRmNWJiZGE4LWYyZTMtNGEzOS1hNThiLTEyMDRjMDdkNjIxNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 Farm Kleingeluk Off the R341 6650 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -33.552770816943 22.691056430339

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang