Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klip-Vissie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Du Bois-singel 7, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 386 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Klip-Vissie is 'n selfsorgvakansiehuis in die pragtige kusdorpie Jacobsbaai. Dié eenheid is ideaal vir gaste wat wil ontspan en die natuurlike omgewing in sy volle glorie wil ervaar.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak; en die derde slaapkamer op die solder bo het 'n dubbelbed en 2 enkelslaapbanke en beskik oor 'n en suite-badkamer met slegs 'n bad.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, kookplaat, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die opwaskamer het ook 'n wasmasjien. Daar is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet en die leefarea het 2 gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die omheinde erf is ideaal vir troeteldiere en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die eiendom het 'n omskakelaar geïnstalleer.

Neem asseblief kennis dat die eienaars op die eiendom bly, die eiendom bevat twee 3-slaapkamerhuise wat onafhanklik funksioneer. Die eienaars bly in die huis agter, Klipvissie is die huis voor. Ons waardeer ons gaste se privaatheid.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Bad

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 347

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Frans Du Bois-singel 7, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 386
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 386
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Du Bois-singel 7, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf89a53b989ee32b7df13da390caaf8e5d9410923671f81e520a5ece84f2fee8976904242af094c6edc28194e16cd614bb408?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 386 per nag (plek vir 6) 7 Frans Du Bois Cresent Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.972278730087 17.889651302447

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang