Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipdrift Akkommodasie

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipdriftplaas, R316, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Klipdrift Akkommodasie is op 'n werkende plaas in die hartjie van die Overberg geleë, 28 km vanaf die dorpie Caledon. Dit is op die oewer van die prentjiemooi Kleinrivier geleë met pragtige uitsigte oor die Akkedisberge. Die groot, oop plaaswerf is die ideale speelplek vir kinders.

Die verblyf bestaan uit 6 eenhede, elkeen smaakvol versier, skoon en gerieflik. Die eerste 2 eenhede het elk 'n dubbelbed en stapelbed, ideaal vir 'n gesin. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die ander 4 eenhede is elk toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Elke eenheid het kasspasie, asook 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik.

Die Plaashuis het slaapplek vir 12 gaste in 4 slaapkamers. Kamer 1, 2 en 4 het elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Kamer 3 het 3 enkelbeddens. Die Plaashuis het ook 3 badkamers. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, mikrogolfoond en 'n ketel. Die Plaashuis het ingeboude braaigeriewe en 'n braaidrom buite vir lieflike someraande.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Die doendinge op die plaas sluit rustige stap of stap vir die meer avontuurlustiges in. Gaste kan ook 'n visstok saambring om in die Kleinrivier te gooi. Dit maak ook 'n ideale basis vanwaar daguitstappies na Hermanus met sy walviskykgeleenthede kan doen, of vir diegene wat dit waag, hokduik saam met die Witdoodshaaie in Gansbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 21 resensies vir Klipdrift Akkommodasie
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Maricke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Klipdriftplaas, R316, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klipdrift Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipdriftplaas, R316, Caledon, 7230, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1ad147abc4431f8d115dc418803dc74d23e057300b723af422dca52a0ced67f9fd8b8917ac3530c30eb9e75388f5cae40c24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 Klipdrift Farm R316 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.360442303706 19.630366249728

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang