Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipdrift Sands Bush Camp

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Willem K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2024

Die beste bosveld ervaring ooit, Klipdrift Sands is 'n juweel in Dinokeng! Die beste bosveld ervaring wat ons nog in Dinokeng gehad het! Pragtige en skoon eenhede, asemrowende bosveld uitsig, baie diere wat rondom die kamp loop en die mooiste damme en waterpunte! Die bokke is baie mak en die Nyala's het blaarslaai uit ons hande kom eet. Hulle het 'n pragtige uitkyktoring waar ons die mooiste sonsak in ons lewens ervaar het. Die gasheer en werkers was almal so behulpsaam en vriendelik, en die gasvryheid was iets besonders. Die eenhede is netjies met alles wat ons nodig gehad het en meer, en die stilte was iets besonders. Die sterre lig in die aande om die bosveld vuur was baie romanties. Om op te som, dit was 'n wonderlike ervaring en ons gaan beslis weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Hi Willem, Jou positiewe resensie maak ons sommer baie opgewonde. Baie dankie vir die tyd om terugvoer te gee. Ons werk hard om ons geriewe en lodge voortdurend te verbeter, en jou getuigskrif is vir ons hartsverblywend. Hoop ons sien julle gou weer! Groete, Dup en die span by Klipdrift Sands Bush Camp

Nomvula Mncube M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2024

It was amazing. The owner is an amazing gentleman who assisted us in so many ways during our stay. His communication was top-notch and his service was standard.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Dear Nomvula, Your great review and positive response to your stay at our private game lodge is humbling. We appreciate your support and look forward to hosting your lovely family again soon! Regards, Dup and the team at Klipdrift Sands

Elsebe J
Kort verblyf
5.0
Sep 2024

Mak wild om die huis. Ons het baie lekker gebly en daar was alles wat nodig was.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Hi Elsabe, Baie dankie vir julle kuier, asook die positiewe terugvoer. Hoop om julle sommer gou weer te kan ontvang! Groete, Dup

Natasha B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Relaxing and the perfect escape from the city. Amazing place. Very clean. Well thought out. WiFi was better than in the city, lol. Animals walking around close to camp. So much to see. All the staff were amazing and knowledgeable. They have a huge pond with koi fish. It was amazing to just relax on the bench and watch them.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Hi there Natasha, Your positive review and comments are humbling, and testimony to all the hard work our team puts in to ensure the ultimate guest experience. We continually strive to improve, and your kind words make all the effort worthwhile. Please tell all your friends, and come visit again soon! Regards, Dup & the team

Louis L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Heerlik en ontspanne. Baie lekker gebly. Rustig en stil. Personeel is vriendelik en die gasheer baie behulpsaam. Alles is netjies en skoon. Kan dit aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Louis, Ons waardeer die positiewe terugvoer, dit is altyd lekker om te leer dat ons gaste die ervaring by ons privaat wildplaas baie geniet! Hoop om julle gou weer te kan ontvang. Groete, Dup Botha en die span by Klipdrift Sands Bush Camp

Suzie S
Kort verblyf
5.0
Jul 2024

Sal beslis weer gebruik maak van die fasiliteite! Ons groepie het die pragtige omgewing, skoon woonplek en gasvryheid baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Suzie, Ons is super opgewonde om julle positiewe resensie te lees, en te verneem dat julle dit baie geniet het! Ons werk hard om 'n lekker bosveld ervaring te skep, met die nodige gemak en geriewe. Kom kuier sommer gou weer vir ons! Groete, Dup en die Klipdrift Sands Bush Camp span

Adrie V
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Lekker familie wegbreek. Die buite badkamer is nie ideaal vir die winter maande nie, maar wel 'n avontuur. Die plek het alles wat jy nodig het. Sou net graag meer wou sien, maar almal het 'n lekker tyd gehad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Adrie, Baie dankie vir julle ondersteuning en die positiewe resensie. Ons is altyd opgewonde om 'n 5/5 resensie te kry en dit is lekker om te verneem van julle goeie ervaring! Ons het verskillende eenhede wat wissel in luuksheid en natuurlik ook prysklas. Van ons eenhede het 'en-suite' badkamers, terwyl ander eenhede meer 'n boskamp-gevoel het. Ons hoop om julle sommer vinnig weer te kan ontvang! Groete, Dup en die Klipdrift Boskamp Span

Martin R
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Rus en stilte vir die siel in die bos! Baie dankie vir julle oulike plekkie en gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Martin, Ons is baie opgewonde om te leer dat julle rus en stilte by ons in die bos kom ervaar het! Ons kan self nie genoeg kry van die natuurskoon en bosgevoel nie, en dit is vir ons baie lekker as ons dit kan deel met ons gaste. Hoop ons kan julle sommer vinnig weer ontvang! Groete, Dup Botha & die Klipdrift Sands Boskamp span

Wanda C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Lekker rus plek. Pragtige plek. Mense is so gaaf, lekker speelplek vir kinders, diere om jou, netjies skoon. Alles is so vars, diens is 10 ster. Baie dankie vir 'n heerlike naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Wanda, Jou positiewe terugvoer is vir ons goud werd, en ons is so dankbaar dat ons gaste ons harde werk en insette ervaar! Ons is super trots op ons private wildsplaas, en wil graag die natuurskoon en ervaring deel met almal wat lief is vir die natuur. Ons waardeer julle ondersteuning, en sien uit om julle sommer weer binnekort te kan ontvang! Groete, Dup en die Klipdrift Sands Boskamp span

Sandy R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Dinokeng Bosveld wegbreek op sy beste! Dinokeng Bosveld wegbreek op sy beste! Die wegbreek by Klipdrift Sands Boskamp was net wat ons nodig gehad het om 'n ruskans te kry van die besige stadslewe. Die akkommodasie was gemaklik, ruim, netjies en baie goeie waarde vir geld. Die ongelooflike mooi bosveld uitsig bied rustigheid vir die siel, en die uitkyktoring is pragtig. Daar is baie wild en bokkies wat om die eenhede rondloop, wat 'n rustige natuur omgewing skep. Die gasheer was baie gasvry, en die eienaar volg gereeld op om seker te maak dat alles in orde is. Hulle het aan alles gedink, en die eenhede is baie goed toegerus met alles wat ons nodig gehad het. Daar is pragtige en groot braaigeriewe en boma's om lekker vuur te kan maak, en hulle verkoop hout en ys op die perseel. Die beddegoed was spierwit en sag, en die beddens baie gemaklik. Daar is ook skoonmaakdienste wat elke oggend kom skoonmaak en skottelgoed was, wat vir ons baie gerieflik was. Die grondpad wat na die lodge lei is baie goed versorg, en bied nog ekstra geleentheid om wild en natuurlewe te sien. Ons het ook kameelperde langs die pad gesien. Die swembaddens is pragtig, silwerskoon en die water is spieëlblou. Die erf en geriewe is netjies onderhou, en die pragtige damme bied geleentheid vir visvang en ook om wild by die waterpunte te sien wat kom drink. Daar is voetpaadjies om rond te loop in die veld, en die natuurlewe, bokke, voëls en plantegroei is pragtig. Die stilte suis in mens se ore, en die rustigheid is goud werd! Ons kon sien hulle doen baie moeite met instandhouding, want die wooneenhede lyk of dit nog splinternuut is. Daar is goeie WiFi oral op die perseel, wat dinge vergemaklik aangesien ek hier en daar moes gewerk het. Daar is hoop vermaak vir kinders, met 'n pragtige lapa wat 'n tafeltennis tafel, pooltafel, fooseballtafel en darts bied. Die swembad is 'n wenner, en het 'n skadunet oor wat rerig oulik is om sonbrand te voorkom. Edward het kos vir die wild uitgesit, en die bokkies het elke dag by ons huisie kom eet. Daar is tot 'n sekuriteitswag wat nagskof werk, en al die wooneenhede patroleer. Ons het waarlik veilig en beskermd gevoel. Die beste was die pragtige uitsig oor die bosveld, dit voel asof mens in 'n ander wereld is! Ons sien julle vir seker binnekort weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dup
Klipdrift Sands Bush Camp
Beste Sandy, Jou positiewe terugvoer is vir ons goud werd, baie dankie dat jy die tyd geneem het om so 'n gedetailleerde resensie te skryf! Ons is baie trots op ons Lodge, en dit is so lekker om te leer dat ons gaste die ervaring net so baie geniet soos ons self! Ons streef deurlopend om 'n beter ervaring te bied, en terugvoer soos joune maak al die harde werk die moeite werd! Hoop om julle gou weer te sien. Groete, Dup Botha

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Dup Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf R1 150
R 1 150 R 633
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
R 1 150 R 633
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Wagendrift, Klipdirft, Erfdeel 10 van Plaas 80, Erfdeel 10 van Plaas 80, Hammanskraal, 0407, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA828c5561a683e2f3387e8a35833c42fe485a91ea6d155877687854c8edbd95dfce0e92bc282fff2ebeb555f1dc317e20c683?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R633 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 De Wagendrift, Klipdirft Portion 10 of Farm 80 Farm 80 Portion 10 0407 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.344598960233 28.459811795634

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang