Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipgooi Woonstel

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Annelise B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Baie rustig en veilige area. Baie lekker plekkie, waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Annelise, Baie dankie vir jou resensie. Dit was lekker om julle by Klipgooi te ontvang. Klipgooigroete

Lizel V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Rus en vrede. Was very enjoyable. The place was perfect.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Lizel. It was a privilege to welcome you at Klipgooi. You are welcome at any time to visit us again. Klipgooigroete

Pieter U
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Perfekte ligging, alles wat nodig is, baie vriendelike ontvangs. Heerlike tyd in Klipgooi Woonstel, sal dit beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Dankie Pieter. Dit was lekker om julle te ontmoet. Julle is enige tyd weer welkom.

Anton U
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2024

Goed gelee, bekostigbare basiese verblyf. Lekker gekuier, die verblyf is baie goed gelee.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Dankie Anton. Dit was lekker om julle te ontvang by Klipgooi. Klipgooigroete.

Nelmaré L
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Mrt 2024

Familie wegbreek vir langnaweek. Uitstekende ligging, stapafstand van alles af.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Nelmaré. Ek is bly julle het die wegbreek geniet. Kom gerus weer.

Eddie V
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Jan 2024

Gemaklik, naby alles en 'n lekker blyplek. Klipgooi was fantasties, die ligging is uitstekend en in die besige seisoen is jy loopafstand van alles. Ons motor het maar min gewerk in die 10 dae. Die woonstel is gerieflik met 2 slaapkamers en 2 badkamers, en die kombuis is gemaklik. Dit is baie netjies en skoon, en die strand is 'n paar honderd meter van die woonstel af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Eddie, Dit was net 'n plesier om julle by Klipgooi te ontvang en julle entoesiasme te beleef. Ek hoop ons sien julle in die toekoms weer by Klipgooi.

Veronica P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Sal beslis weer by Klipgooi Woonstel gaan kuier. Gemaklike en veilige verblyf loop afstand van die ATKV Oord en strand. Alles wat nodig is, was beskikbaar en baie skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Veronica, ek is baie bly julle kon 'n langverwagte see-vakansie geniet. Julle is enige tyd weer welkom by Klipgooi.

Louis C
Kort verblyf
5.0
Nov 2023

Heerlik gebly, gerieflik, veilig, privaat en in ’n stil woonbuurt naby alles. Ek en my suster het verblyf gesoek met 2 slaapkamers, maar tog bekostigbaar. TV, WiFi en internet was nie vereistes nie, want dit jaag die kostes van verblyf net op wat ons betref. En dis net mooi wat ons gekry het teen 'n heel billike tarief. Klipgooi Woonstel is baie gerieflik geleë en die see, ATKV Hartenbos, winkels, eetplekke en die waterfront by die ATKV is gerieflik naby en binne stapafstand. Ons voertuig kon langs die woonstel onder 'n boom staan, nou wel nie agter 'n toesluithek soos by die meeste plekke in Suid-Afrika nie, maar die omgewing is baie veilig en ons was heeltemal gemaklik daarmee. 'n Mens kan nog daar rustig in die strate loop sonder om enigsins bedreig te voel. Die woonstel is toegerus met al die nodige en 'n pluspunt is beslis die tweede toilet en stort, benewens die hoofslaapkamer s'n. Ons het 'n heerlike twee nagte daar deurgebring en kan dit vir seker aanbeveel vir enigiemand wat nie begaan is oor TV en WiFi nie - soos ons! Daar is lekker tafels om speletjies op te speel i.p.v. om TV te kyk of op die selfoon rond te kuier, en natuurlik die lieflike see, oop strand en ATKV-wandelpaadjie langs die see om te geniet! Vir diegene wat wil braai, is daar 'n losstaande braaier beskikbaar. Opsommend: Ons sal enige tyd weer daar gaan bly as die geleentheid hom voordoen!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Louis Dankie vir jou volledige resensie. Ek is bly as julle die tyd in Klipgooi geniet het. Dit was lekker om jou te ontmoet. Julle is enige tyd weer welkom.

Manzi J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Rustige, netjiese en alles-in-een plekkie. Rustige omgewing, baie oulike plekkie, met alles wat mens nodig het. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Manzi, Ek is baie bly julle het die tyd in Klipgooi geniet. Ek hoop om julle volgende keer te ontmoet. Klipgooigroete

Gerrit D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Heerlik ontspan. Baie dankie aan Jeanette wat ons so vriendelik ontvang het. Ons het heerkik gebly en baie dankie ook dat jy in kontak gebly het al was jy self op vakansie weg. Dit wys net weer dat jy omgee vir jou gaste. Ek hoop om binnekort weer te kom kuier by jul. Nogmaals dankie vir netjiese, skoon en gemaklike verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeanette
Klipgooi Woonstel
Hallo Gerrit en vriende Dit is heerlik om gaste soos julle te ontvang! Dankie dat julle Klipgooi so netjies gelos het. Julle is enige tyd weer welkom. Klipgooigroete

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jeanette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boomplaats-weg 4, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0YKf8BaBvGh7N1P4lTW8SkYJ9i9DA8WdYDb9n1RyV3FZlwVuM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 4 Boomplaats Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.129319132073 22.114316119049

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang