Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipheuvels Guest Farm

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Shaleen F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Wou nie huistoe gaan nie. Mense, as jy rus vir jou siel soek in die Karoo tussen sy klipkoppies, dan is Klipheuvels die plek. Ons het laat in die koue op die plaas aangekom, waar Maureen heel vriendelik vir ons gewag het en gou gewys het hoe hulle die mooi ou koolstoof in die kamer aan die gang kry. Behalwe vir die bitter koue, het ons die kuiertjie regtig baie geniet. Ons het gebruik gemaak van die verblyf as ons basis om dan die kontrei beter te leer ken en die grondpaaie tussen die Karoo dorpe te gaan ry. Die omgee vir gaste wys in die detail. Meer as genoeg handdoeke, beskuit, koffie, tee, melk, hout en die dekor. Ons was ook bederf om saam rond te ry op die plaas na die waterpunte vir die skape en na die uitsig op die berg oor die hele kontrei. Ons sien baie uit daarna om weer terug te gaan plaas toe. Mag dit met julle goed gaan. Groete.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anel D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Heerlik gebly by Klipheuvels. Ons het baie lekker gebly by Klipheuvels. Baie netjiese plaas en verblyf. Sal dit vir seker aanbeveel. Baie dankie, Anel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alta L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Besonderse ervaring! Was! Rustig, vreeslik mooi, keurig en sielsalig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lize A
Kort verblyf
4.8
Jul 2024

Plaasverblyf is 'n wonderlike ervaring. Al die geriewe werk en is in 'n goeie toestand. Die gasvrou gaan uit haar pad om jou te akkommodeer, maar gee genoeg ruimte en stilte sodat jy self die omgewing kan inneem. Dis heerlik om op die plaaswerf te bly en die daaglikse aktiwiteite te beleef.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Randall H
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2024

Was mooi, gemaklik, rustig en wonderlike sterre kyk in die donker aand. Bietjie van 'n uitdaging om tot in Fraserburg uit te kom, 100 km grondpad van Sutherland se kant af, wat 'n kar nie kan ry nie. Van daar tot op die plaas was maklik. Mense baie vriendelik en plek se voorbereiding was uitstekend. Hout, sjokolade, pap, koffie en alles wat mens nie noodwendig verwag in 'n selfsorgplek nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jeanette P
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2024

Lekker rustig en mooi. Ons het baie lekker gebly, dit is 'n pragtige rustige plekkie. Goed toegerus. 'n Plek waar mens kan asemhaal en herlaai. Goeie begin vir 'n nuwe jaar.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Nick Y
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Jul 2024

Modern, cosy and private cottage in peaceful farm surrounds. Very modern and clean cottage (Steen Huisie) in picturesque farm surrounds. The cottage has all the modern conveniences and a characterful woodburning stove that works a treat on cold winter nights. We would have preferred a closed/private toilet (it's situated in the bedroom, only screened by a half wall), but perhaps we are old-fashioned in this respect. They do have another guest room attached to the farm house, but it's unclear from the photos whether the ablutions are private or not.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Wessel D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Rustig, stil en beslis die mooi grondpad tot by die plaas werd. 'n Baie netjiese en agtermekaar plaas. Die verblyf is net so netjies met alles wat nodig is vir 'n kort of langer verblyf. Baie vriendelike gasvrou wat seker gemaak het ons het alles wat ons sou nodig kry. Volsterkte WiFi ook beskikbaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lindie R
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Rustigheid. Dit is beslis die plek om jou siel te rus!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Heerlik. Alles is eksieperfeksie — van die geriewe tot die gasvrou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maureen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs Rante AP2259, Klipheuvels Plaas, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA855889bf00ec10fced47dede8866fab5738fa50d2a052cf74197e7b204adfc69e97b5b68bb974c9a7a338cbd66f94301d772?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 Off Rante AP2259 Klipheuvels Farm 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -31.988438851656 21.473702893696

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang