Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kliphuisjes

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Crane-straat 264, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kliphuisjes is ’n knus, selfsorg plaaswegbreek in die hartjie van Dullstroom met 4 kothuise. Dis in ’n stil, veilige area geleë en minder as 5 minute se stap van restaurante en winkels af. Die perseel is op ’n heuwel en het lieflike tuine wat omring is met bloekombome, en daar is ook ’n vuurput buite en boma-area waar gaste kan kuier. Dit is die ideale oorslaapplek op pad na die Krugerwildtuin en is 18 km vanaf die Highland Gate Gholflandgoed.

Elk van die 3 Klip-suite is uniek versier en het ’n privaat oopplan-badkamer wat nie vanaf die kamer gesien kan word nie. Verder is daar top gehalte-linne, elektriese komberse, japonne en toiletware en ’n TV met DStv. Elke suite het ’n kombuisie wat toegerus is met die basiese, gratis tee, koffie, malvalekkers en beskuit. Daar is ook ’n stoep met ’n braai en sitplek en ’n kaggel binne wat hout en vuuraanstekers het.

Die selfsorg-tweeslaapkamer Klipkothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamers is smaakvol versier en het ’n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, instapkaste, verwarmers teen die muur en ’n kluis. Daar is ook 2 kampbeddens vir jonger kinders. Die kothuis het ’n groot kombuis wat goed toegerus is met ’n filtreerkoffiekan, oond en wasmasjien-tuimeldroër. Die sitarea spog met leerbanke en ’n kaggel. Daar is ook ’ne etarea en vollengte stoep met ’n ingeboude braai.

Alhoewel Kliphuisjes nie ’n ontvangsarea het nie, bly die eienaars naby en sal gaste verwelkom en die sleutel oorhandig. Let asb. daarop dat die instansie selfsorg is en dat geen ontbyt voorsien word nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 129 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
David B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende akkommodasie. Goed toegerus en netjies. Ons het vreeslik lekker gekuier, die huisie is perfek uitgelê, warm komberse op die beddens en die...
Sien meer
Jun 2024
Werna V
Saam met vriende
5.0
Huisie uit 'n storieboek vir kinders. Mooi en natuurlik. Baie lekker gekuier saam ons vriende uit Australië daar. Hulle het dit baie geniet.
Jun 2024
Retha L
Saam met lewensmaat
5.0
'n Kaggelvuur in Dullstroom is altyd 'n wenner. Pragtige plek. Ons het lekker gebly, dankie. Cozy en goeie geriewe.
Mei 2024
Corne E
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker gekuier en ontspan. Skoon, netjies, privaat.
Mrt 2024
Christa V
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely want to come again and have recommended to friends. Kliphuisjes is super clean, cozy and comprehensively equipped (even...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 129

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Blue Crane-straat 264, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Kliphuisjes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Crane-straat 264, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbCnA4WDAqpAj15KGQVJTNyItmNAVxOiLsKG2n2MofA2cvkFW77?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2) 129 5 1 5 264 Blue Crane Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.416632771203 30.102763312234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang