Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipkappertjie

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R740 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Klipkappertjie is in Splitkop in Bloemfontein. Die gastehuis is op 'n 4 hektaar stuk grond met oop tuine, 'n klein wingerd en vrugtebome. Dis ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die gastehuis bied 3 stylvolle, gerieflike slaapkamers, elk met sy eie ingang, en suite-badkamer met stort en toiletware, ten volle toegeruste kombuis, lugversorging, TV met DStv, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe.

Geriewe op die perseel sluit die volgende in: konferensiegeriewe vir 'n maksimum van 14 afgevaardigdes, trampolien, parkeerplek vir karavane en bote en 'n braai-area. 'n Kontinentale ontbyt, wat in die kamer bedien word, asook braaipakke is op versoek beskikbaar.

Klipkappertjie is binne maklike bereik van die hoof N1-roete, aangrensend aan die voorstad Langenhovenpark, naby hospitale, Vrystaat Universiteit, vernaamste sportstadions, museums, die historiese President Brand-straat met sy erfenisgeboue, inkopiesentrums, die Botaniese Tuine, Oliewenhuis Kunsmuseum en van die beste restaurante in Bloemfontein.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 111 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Mariana V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, skoon en netjiese verblyf! Gaan uit hul pad om verblyf onvergeetlik te maak. Sal enige tyd aanbeveel.
Aug 2024
Marilese V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf en bekostigbaar. Baie tevrede! Het so lekker warm geslaap in 'n yskoue nag in Bloem. Baie baie netjies, alles wat ons nodig gehad ...
Sien meer
Jul 2024
Christien T
Saam met lewensmaat
5.0
Klipkappertjie is 'n oase in die stad. Klipkappertjie het weer eens nie teleurgestel nie. Dit bly ons eerste keuse vir verblyf wanneer ons Bloemfontei...
Sien meer
Apr 2024
Orna P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende ligging! Lieflike plek. Vrugteboorde en wingerd. Hulle maak selfs hulle eie wyn! Heerlike skoon en gerieflike kamers met badkamer en kombu...
Sien meer
Mrt 2024
Kevin S
5.0
Fantasties. Eersteklas akkommodasie.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Leana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 111

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Klipkappertjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R740
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R740
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 44, Soutpansberglaan, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1YTY5Y2UxLTBkOWItNGJmNi1hMmE5LWMwMjJhODAzNzA1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R740 per nag, vir 2 mense 111 5 1 5 Plot 44 Soutpansberg Avenue 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.094236111111 26.141652777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang