Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipmuur Tuin

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faure-straat 8, West Hill, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Klipmuur Tuin is in die woonbuurt Westhill in Knysna geleë, en stapafstand vanaf Knysna Sentraal, en 1,5 km vanaf die Knysna Waterfront, met verskeie restaurante en winkels.

Dié tuinkothuis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuisie met 'n leef- en slaaparea. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. In die leefarea is 'n dubbelbed. Albei badkamers is toegerus met storte.

Die kombuisie is toegerus vir basiese selfsorg en beskik oor 'n yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware, potte, panne en 'n 2-plaat gasstoof. Die eetarea het sitplek vir 4 mense.

Die kothuis-area maak oop op 'n lieflike patio-area wat 'n buitetafel met sitplek het en 'n braai kan op versoek voorsien word. Die patio kyk uit oor die kruie- en vrugtebome in die tuin. Veilige parkeerplek word agter 'n hek voorsien.

Neem asseblief kennis dat die eienaars op die boonste verdieping bly en beskikbaar is vir enige advies of aanbevelings oor die area.

Die eiendom is 19 km vanaf Buffelsbaai en 14 km vanaf Brenton-on-Sea.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 10

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Faure-straat 8, West Hill, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klipmuur Tuin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faure-straat 8, West Hill, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d307c5f446df48819fce6c89cf618994eb8d0823b10b4f4151d1a02eddb630d9506f1b916d1734a52761df9542ef82debec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 8 Faure Street West Hill 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.033428246743 23.041983789602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang