Klippan River Lodge
- Kapasiteit: 24 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Klippan River Lodge is op die oewer van die Limpoporivier geleë en is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na en van Botswana en Zimbabwe. Ons is gerieflik geleë langs die grensposte van Groblersbrug en Martin's Drift.
Verblyf word aangebied in 8 gerieflike selfsorgkamers. Rook is verbode in die kamers. Elke kamer is toegerus met 'n kroegie, lugversorging, 'n en suite-stort, linne, badhanddoeke, DStv en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak deur vriendelike personeel. Al die kamers lei na die rivier, wat 'n tuiste is vir krokodille en seekoeie.
Die lodge beskik oor 2 volledig toegeruste kombuise en 'n gelisensieerde kroeg. Gaste is welkom om gebruik te maak van die braai-area. Ontspan in die tuin, geniet die verskillende voëls wat daar te sien is en sluit die dag af met 'n bootvaart op die Limpoporivier.
Wasgoedgeriewe, ys, braaihout en braaipakke is beskikbaar op versoek voor aankoms. Klippan River Lodge is die ideale bestemming vir romantiese wegbreke. Die lodge het 'n kragopwekker.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Norma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
- Gaste dink Klippan River Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 24 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Klippan Plaas, Tom Burke, 0621, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang