Klipperant Kothuise
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Nov 2024 tot 29 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilyvale-weg 10, Rayton Smallholdings, Bloemfontein, 9332, Vrystaat
-
Vanaf
R1 200R960 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Klipperant Kothuise is op 'n privaat plot in Rayton, Bloemfontein. Dit is ideaal vir sakereisigers, gaste wat vir familie kom kuier en oornaggaste. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede, asook die N1-hoofweg.
Verblyf word aangebied in 2 bekoorlike kothuise naamlik Stadsjapie en Plaasjapie. Die kothuise is uniek en smaakvol versier en is vir basiese selfsorg toegerus.
Stadsjapie bied die ideale verblyf vir 'n paartjie en daar is die opsie om 'n kind op 'n slaapbank te akkommodeer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n oop en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kamer het lugversorging en daar is 'n plafonwaaier asook ‘n blaasverwarmer in die leefarea. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasplate, mikrogolf, konveksie oond, ketel, broodrooster en yskas-vrieskas toegerus is en die sitarea het 'n slaapbank, 2 stoele, 'n slim-TV met Netlix. Gaste het ook toegang tot komplimentêre WiFi tydens hul verblyf. Die privaat onderdak stoep het braaigeriewe, 'n tafel en stoele, asook 'n pragtige uitsig oor die tuin. Handdoeke en 'n haardroër word voorsien.
Plaasjapie het slaapplek vir 'n gesin van 4. Daar is 2 driekwartbeddens in die oop solderarea en 'n koningingrootte-bed in die leefarea. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het lugversorging asook ‘n blaasverwarmer en 'n kombuis wat met 'n gasplate, mikrogolf, konveksie oond, ketel, broodrooster en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die sitarea het 2 stoele en 'n slim-TV met Netflix. Gaste het toegang tot komplimentêre WiFi. Die privaat onderdak stoep het braaigeriewe, 'n tafel met stoele en 'n uitsig oor die tuin. Handdoeke en 'n haardroër word voorsien.
Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek op die perseel. Klipperant het 'n elektriese heining vir sekuriteit en daar is 'n outomatiese kragopwekker wat 24 uur beskikbaar is, asook water vir 'n noordgeval.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Noelene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Lilyvale-weg 10, Rayton Smallholdings, Bloemfontein, 9332, Vrystaat
- Gaste dink Klipperant Kothuise het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hillsboro Dan Pienaar Bloemfontein Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilyvale-weg 10, Rayton Smallholdings, Bloemfontein, 9332, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang