Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipspringer Berghuisie

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groot Toren 4x4, Olifantsdoorn, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Klipspringer Berghuisie is 'n ten volle toegeruste selfsorgkothuis 14,3 km buite McGregor en slegs 187 km vanaf Kaapstad. Let asb. op dat, alhoewel daar nie meer 'n 4x4-roete is nie, die pad na die kothuis slegs met 'n 4x4-voertuig met 'n hoë grondvryhoogte bereik kan word. Dit is 'n klipperige bergpad wat na die kothuis lei.

Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste in 'n oopplan-solderkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort op die onderste verdieping. Toestelle werk met gas en die ligte met sonkrag. Die kombuis is met 'n 52 liter-kampyskassie en tweeplaatgasstoof toegerus, en die binnebraai bied 'n area waas gaste lekker kan ontspan.

Avontuurlustiges kan hul bergfietse saambring of die 1000 ha-plaas te voet verken. Plantkundiges kan die omgewing fynkam om elke protea en fynbosplantjie na te spoor en te identifiseer. Gaste kan ook gereeld klipspringers, duikers en grysbokke tussen die fynbos aantref. Die klowe en kranse bied ook skuiling en broeiplek vir die witkruisarend. Klipspringer Berghuisie kan slegs met 'n 4x4-voertuig bereik word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Fabian O
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful. Surpassed expectations we had from watching YouTube clips.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Robin D
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Ons favourite plek in SA. Dit is ongelooflik mooi, privaat en in ongerepte natuur. Kan dit hooglik vir enige iemand aanbeveel wat opsoek is n...
Sien meer
Sep 2024
Anelia G
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gebly, pragtige huisie. Sien sterre.
Aug 2024
Andre A
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend geleë bo-op 'n berg, uiters privaat en stil. Uitstekende wegbreek van die gejaagdheid af. Geleë teen 'n berg omring deur die mooiste Fynbos...
Sien meer
Jun 2024
Christiaan V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik met die mooiste fynbos wat blom op die oomblik. Was 'n wonderlike ervaring met genoeg tyd vir jouself en tyd in die veld om te stap. Ja, d...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Groot Toren 4x4, Olifantsdoorn, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klipspringer Berghuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groot Toren 4x4, Olifantsdoorn, McGregor, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0054eb4b9a975e867a48c01e8141dd2c7d50deb8ed815e9c539342a57994363f8e2608a07ea93d3c7d68a7250553873ee03?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 49 5 1 5 Groot Toren Olifantsdoorn 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.035621810122 19.91255724697

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang