Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klokkiebosch

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Korhaanlaan 14, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Klokkiebosch is in die rustige Jacobsbaai geleë, aan die oewers van Smalbaai 'n uur se ry van Kaapstad af. Die gastehuis skakel in by die Jacobsbaai-boustyl en is luuks gedekoreer om gaste welkom, bederf en ontspanne te laat voel.

Klokkiesbosch het 2 luukse suites op die grondvloer met koninggrootte-beddens of 2 enkelbeddens. Daar is 2 standaardkamers op die eerste verdieping. Al die kamers het en suite badkamers, see-uitsigte, yskassies en Nespresso-masjiene. Die gastehuis bied 2 sitkamers en 'n groot beskutte patio wat gaste kan gebruik.

Heerlike ontbyt word op die veranda bedien, as die weer dit toelaat. Liplekker middag- en aandete word op versoek bedien.

Hierdie idilliese wegbreek is ideaal vir spesiale vieringe. Wessel Minnaar, die bestuurder, en sy span sal jou kuiertjie 'n onvergeetlike ervaring maak.

Minder as 100 meter van die strand af is daar paadjies waar 'n mens lekker kuslangs rondom Smalbaai of op die rotse waar die golwe breek kan gaan wandel. Gaste kan teen sonsondergang gaan wandel of die unieke Weskus van die stoep af bewonder.

Daar is 'n volop voëllewe in die Mediterreense tuin en skilpaaie en klein bokkies maak af en toe 'n verskyning. Alhoewel walvisse ongereelde besoekers aan die baai is, bied hulle 'n aanskoulike vertoning wanneer hulle kom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Natashia V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer Klokkiebosch besoek. Die eienaar het ons baie vriendelik ontvang. Kamer het die mooiste uitsig oor die see gehad. Die lekkerste ontbyt...
Sien meer
Apr 2024
Jaco N
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustig, netjies, smaakvol. Uitstekend in alle opsigte.
Mrt 2024
Maryke F
Saam met vriende
5.0
Kom laai jou batterye hier! Heerlik-rustige verblyf, met luukse atmosfeer. Besonderse gasheer!
Nov 2023
Rudolph T
5.0
Stil en rustig. Pragtige omgewing, goed geleë om die omliggende area te verken.
Mrt 2023
Albert V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend, rustig, eerlik. Wessel se plek is seker een van die beste gastehuise waarin ek nog gebly het. Die kos is uitstekend, sy gasvryheid kan nie...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wessel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Korhaanlaan 14, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klokkiebosch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Korhaanlaan 14, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1MDcyYjdjLTJhZGUtNDYxZC1iNjk2LTA0ZWJhYzJiY2NjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 14 Korhaan Avenue Jacobs Baai 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.972783736674 17.886544167995

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang