Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kloofhuis Guesthouse

Gastehuis

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 13 resensies vir Kloofhuis Guesthouse
Netheid
3.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.2/5
Jaco D - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco D

Wonderlik.

Dit was rerig baie lekker gewees, dit was stil en die ontbyt was 100%. Die oom het ons van die geskiedenis vertel van die gebou en omgewing. 100% teverde gewees met die gasvryheid.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Baie dankie. Ons waardeer dit.

Kloofhuis Guesthouse
Soren J - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Soren J

Historic house in an historic city--both could use some TLC.

I received a different room than booked, so I was uncertain. However, the host and his wife were very welcoming, and I learned a lot from him and other guests about the current status. Quiet room and comfortable (older) bed. Some maintenance would be in order, but I understand the situation. A lovely old house and a nice location--in a town that has seen better times. I hope to visit again!

Christo B - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo B

Kan dit beslis aanbeveel.

Baie lekker gebly. Dankie. Beslis waarde vir geld met ontbyt ingesluit.

Van's Afslaers Gauteng Pty Ltd V - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Van's Afslaers Gauteng Pty Ltd V

Pragtige plek, skoon en netjies, lieflike outydse gevoel.

Kloofhuis Guesthouse is 'n pragtig, skoon en lieflike outydse gevoel. Tinus het sy verblyf baie geniet.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Baie dankie vir 'n objektiewe oorsig.
Steve

Kloofhuis Guesthouse
Cobus S - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Cobus S

Slegs oorgeslaap. Gasheer was baie tegemoetkomend en hulpvaardig.

Heerlik gebly, wonderlik ouwêrelds. Sal wel aanbeveel dat die beddegoed en gordyne redelik dringend vervang word, dit sal 'n groot verskil maak. Als was skoon, maar regtig oud en wys die tekens van die tye.

Eugene V - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eugene V

Outentiek en huislik, gasvrye en vriendelike eienaars.

Stil area en heel aangename restaurant binne loopafstand.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Goeie dag Eugene,

Baie dankie vir die terugvoer, ons motto is dat gasvryheid ons prioriteit is.
Groete
Steve

Kloofhuis Guesthouse
Gerhard V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard V

Gemaklik.

Dis baie gemaklik en die eienaar baie vriendelik en behulpsaam. Rustige plekkie.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Baie dankie Gerhard, dit word opreg waardeer.
Steve

Kloofhuis Guesthouse
Ezelle H - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ezelle H

Baie lekker huislike atmosfeer.

'n Ouwêreldse atmosfeer kompleet met antieke meubels en gasvryheid (selfs die matras dateer uit die vorige eeu met springs wat jou in die rug steek as jy darop slaap). Baie lekker gebly.

Johan S - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan S

Ongelooflik.

Die plek is altyd skoon en netjies. Dit was die tweede keer dat ons daar bly en die huis en die geskiedenis rondom dit is net asemrowend. Plankvloere en ou meubels deur die huis.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit word opreg waardeer.
Steve

Kloofhuis Guesthouse
Anonieme gas - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
Anonieme gas - Nov 2017
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
Apongho A - Nov 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Apongho A

The location is the biggest asset of this place. Bathroom area is not ideal for mildly overweight persons.

Despite a peaceful couple of nights spent at the guesthouse, my experience was crucially dampened by transparent blinds that inhibited security and privacy. The under spaced bathroom resulted in a couple of painful extremities that did not help the situation.

Ron H - Sep 2016
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Ron H

Ons het verkies om nie daar te bly nie.

Die feit dat dit 'n ou huis is het ons nie gepla nie, maar die kamer was bedompig, die beddegoed oud en kussings was vol vlekke. Die spasie waar die toilet is is verskriklik klein. Iemand wat effe oorgewig is gaan sukkel om sy ding te doen! Die botteltjie waarin die koffie was, was vuil en aangepak van ou koffie. Suikerpot was feitlik leeg. Dit was duidelik dat geen moeite gedoen is om gaste te laat tuis voel nie. Dit is die klein dingetjies wat tel.... Ons het baie beter akkommodasie gekry nie ver van Kloofhuis af nie vir minder geld. Ek kan ongelukkig nie Kloofhuis aanbeveel nie. Jammer.

Kloofhuis Guesthouse se terugvoer

Goeiedag
Die oomblik wat die betrokke persoon by die huis gearriveer het en ek hulle by die parkering verwelkom het , het ek gesien dat sy reeds ontevrede is en ‘n afkerende trek op haar gesig gehad het. Hulle het skaars 5 minute in die kamer vertoef en toe uitgestorm. Uit gewoonte gaan ek altyd nadat gaste opgedaag het deur die kamer om te sien of daar handdoeke en seep en dergelike is maar hulle het my nie die kans gegee nie. Ja, hierdie is ‘n ou huis en ons het juis dit aangekoop omdat dit ‘n ou wêreld se karakter uitstraal, iets wat by 18 000 vorige gaste aanklank gevind het waarvan die gasteboek meer as getuig. Ons “verkoop” nie die kamers deur “nice to have” moderne artikels soos gekoopte suiker en koffie pakkies en sepies en roompies aan te hou nie. Dit pas nie in by die styl van die huis nie. Dit was ‘n warm dag en die vensters was toe en die “bedompigheid” kan seker daaraan toe geskryf word. Die duvet oortreksel is nog nie 3 maande oud nie en ‘n mens sal x-straal oë moet hê om deur die deken te kan bepaal of die beddegoed “oud” is.
Die feit van die saak is dat hulle die fotos op die webblad moes gesien het asook ‘n beskrywing van die huis waarin pertinent gesê word die huis is al 126 jaar oud en nuwerwetse meubels sal beslis nie inpas nie.
Die gastehuis waarheen die persone heen gegaan het het ‘n begroting van meer as 5 miljoen gehad om al die “nice to have” aan te bring terwyl ons 20 jaar gelede ‘n begroting van R300.00 gehad het om die huis te koop en al die toebehore en verbeteringe aan te bring, en moes ons, om die estetiese te behou, die badkamers so klein maar gerieflik moontlik binne bestaande kamers aangebring het.
Soos gemeld neem ons verlief daarmee dat smaak verskil en mense is vry om keuses te maak. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart dat meer as 90 persent van ons gaste net positiewe kommentaar het en as daar iets fout is spreek ons dit onmiddellik aan. Dit kon terstond onder ons aandag gebring gewees het en nie oor die publieke domain verkondig gewees het nie.

Daar is tans ‘n tendens van mense om van die staanspoor negatief teenoor akkommodasie plekke te wees en dit word ‘n stokperdjie om plekke met mekaar te vergelyk en self 5-ster plekke word nie ontsien nie.
Dankie vir die geleentheid om ons kant ook te stel.
Groete
Steve

Kloofhuis Guesthouse
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofstraat 1, Barberton, 1300, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEyOGEyMGIzLTQ5MjktNDYzZC04NTZiLTQ1Mjk4YmMxODE0Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 13 5 1 4 1 Kloof Street Barberton 1300 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.792018524846 31.05694681406

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang