Knockwarren Mountain Escape
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Knockwarren Plaas, Bokspruit, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
- Vanaf R5 500 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Knockwarren Mountain Escape is 'n bekoorlike selfsorgplaashuis wat in die Suidelike Drakensberge geleë is. Hierdie idilliese verblyf is sowat 63 km vanaf Barkly-Oos en is slegs via 'n grondpad toeganklik.
Dié plaashuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoof- en vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak en die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, koolstoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Hierdie area lei verder tot die eetarea en het 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die ruim leefarea het 'n sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die agterplaas het 'n lapa met braaigeriewe. Aktiwiteite sluit voetslaan, kunsvlieghengel op talle plekke langs die rivier en swem in. Gedurende die winter is daar 'n kans om die sneeubedekte berge te aanskou. Die verblyf word deur die Ben 10 eko-uitdagingspasse omring en is die ideale basis vir avontuur-entoesiaste wat die passe met hul 4x4-voertuie of avontuurmotorfietse wil aandurf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Knockwarren Plaas, Bokspruit, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Grens Area Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Knockwarren Plaas, Bokspruit, Barkly-Oos, 9786, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang