Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knopberg

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gedeelte 58 en 62, Rooderand-Plaas 510IQ, Vredefort-koepel, Venterskroon, 2530, Noordwes
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Knopberg is 'n rustige gasteplasie wat in die voue van die Vredefort Koepel Bergland geleë is. Gaste kan selfsorgverblyf en unieke uitsigte oor die Vaalriviervallei, asook luisterryke sonsondergange geniet. Daar is ook 'n groot verskeidenheid inheemse bome en voëls. Knopberg grens aan die Vaalrivier en is naby aan die historiese dorpie Venterskroon waar goud gemyn is tot aan die einde van die 19de eeu.

Die hoofgebou, The Shepherds Tree Family Unit, bestaan uit 4 dubbelkamers met deure wat na buite lei, 'n goed toegeruste kombuis en 'n ruim leefarea met 'n kaggel en groot vensters wat die natuur binnetoe nooi. Die Lemon Blossom Farmhouse, die oorspronklike plaashuis, is gerestoureer om so na as moontlik aan die oorspronklike opstal te lyk en het 3 dubbelkamers, 2 badkamers en 'n kombuisie wat skakel met 'n klein leefarea wat lei na 'n stoep met 'n asemrowende berguitsig. Die Honey Bush Cottage is 'n knus kothuis met slaapplek vir 2. Daar is 'n romantiese badkamer en 'n opelug stort. Elke eenheid het 'n aparte braai-area.

Die oorspronklike plaasdam is omskep in 'n swembad.

'n 2 km Boomwandelpad bied verskeie vistas en al die inheemse bome word aangedui. Nog 'n unieke eienskap van Knopberg is die wandelpad met beskutte areas tussen die inheemse bome waar gaste kan mediteer of bid.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Witborde
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Antonio S
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Great stay, excellent service from the owner.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Stellie V
Saam met lewensmaat
5.0
Natuurskoon verblyf en baie mooi plaas. Die woonstel was baie lekker ingerig en het alles gehad wat nodig was.
Mrt 2024
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier in Wieg van die Mensdom. Ons waardeer altyd ons pragtige land se mooi natuurskoon.
Sep 2023
Charles C
4.8
Rustige plaasomgewing met goeie privaatheid. Ons was gaste by 'n troue op Riversong Farm gewees. Verblyf en fasiliteite is voldoende vir 6 volwassenes...
Sien meer
Mei 2023
Elmarie B
Saam met lewensmaat
4.0
Pleasant and enjoyed the stay. WiFi and cellphone reception were extremely bad. It would help to have a WiFi booster at Knopberg. The a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Natasha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Gedeelte 58 en 62, Rooderand-Plaas 510IQ, Vredefort-koepel, Venterskroon, 2530, Noordwes
  • Gaste dink Knopberg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gedeelte 58 en 62, Rooderand-Plaas 510IQ, Vredefort-koepel, Venterskroon, 2530, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIe3wUs1dspqhHpMuOHe1ybB0VMBqF5GJB77uSLSLhNSyy1acLZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 Plot 58 and 62 Rooderand Farm 510IQ Vredefort Dome 2530 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -26.880943025817 27.273864790237

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang