Knusrus
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Daytona-straat 20, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Knusrus is 'n luukse selfsorg-dubbelverdiepinghuis in Jongensfontein en het 'n pragtige see-uitsig vanaf die balkon. Die seefront het 'n voetpad wat slegs 100 m van die verblyf af is, asook 'n bankie elke 100 m met die paadjie af waar gaste kan sit en die uitsig geniet.
Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en bied verblyf aan 8 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet, 2 sitareas, 'n moderne kombuis, opwaskamer en 'n kuierarea op die boonste verdieping.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n sitarea met 'n kaggel en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n toilet en dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens, ideaal vir 4 kinders. In die sitarea op die onderste verdieping is 'n dubbelslaapbank waar 2 ekstra gaste kan slaap. Die derde badkamer het 'n toilet, wasbak en stort.
Die sitarea op die onderste verdieping het 'n slim-TV met Netflix, Showmax en YouTube. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is 'n aparte opwaskamer. In die eetarea is 'n etenstafel wat in 'n pooltafel omskep kan word. Die sitarea op die boonste verdieping het gemaklike sitplek, 'n kaggel, 'n ingeboude gasbraai en 'n braaipan. Stapeldeure lei na die balkon.
Die huis het 'n buitestort en kampstoele en strandsambrele word voorsien. Twee fietse is beskikbaar en daar is 'n dubbelmotorhuis en genoeg veilige parkeerplek agter 'n hek. Troeteldiere is welkom in die motorhuis en omheinde buite-area, indien dit vooraf gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Rianni Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Daytona-straat 20, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Knusrus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Daytona-straat 20, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang