Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knysna Cozy Hill Guest House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heather Hill-singel 7, Rexford, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R970 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Knysna Cozy Hill Guest House is in Rexford geleë en bied gaste 'n knus kothuis in die heuwels wat uitkyk oor Knysna en die strandmeer.

Die Sandy's Cottage op die grondvloer het slaapplek vir 2 mense en het 'n privaat ingang. Die eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n privaat badkamer met 'n bad en 'n stort oorhoofs. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie swem- en strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met volledige DStv, asook WiFi is beskikbaar.

Die kothuis maak oop op 'n privaat patio met 'n klein braai en veilige parkeerplek is voor die kothuis beskikbaar. Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Knysna bied verskeie kafees, handwerkwinkels en vlooimarkte, en gaste kan ook die Knysna Heads, Knysna Olifantpark, Featherbed Natuurreservaat besoek. Gaste kan 'n wandeling in die Knysna-woud neem, gholf speel, valskermsweef, valskermspring en abseil, of langs die strand stap en die dolfyne kyk. Tussen Augustus tot September besoek walvisse ook die baai.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 6 resensies vir Knysna Cozy Hill Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Sandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Heather Hill-singel 7, Rexford, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Knysna Cozy Hill Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R970
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R970
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heather Hill-singel 7, Rexford, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjeAPCMrC8T92MSkJEsNQDs89s0RVNh8cQv0aSTUGPippIa8ROH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R970 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 7 Heather Hill Close Rexford 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -34.066104438414 23.081062652778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang