Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kockies @ die Boord

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Culemborgsingel 8, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kockies @ die Boord bied selfsorgverblyf in Stellenbosch. Dié bekoorlike verblyf is ideaal vir paartjies en vriende en bied gaste die geleentheid om behoorlik te ontspan.

Verblyf word in 'n gastekamer met slaapplek vir 2 gaste en 'n huis met slaapplek vir 6 gaste aangebied. Die gastekamer het 'n privaat ingang, 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak as hy op sy eie bespreek word. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid lei na 'n tuintjie.

Die hoofhuis en die gastekamer kan ook saam bespreek word en daar is slaapplek vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers met dubbelbeddens en en suite-badkamers met 'n bad of 'n stort. Die huis het 'n pragtige oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n ruim sitarea met 'n kaggel, gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Skuifdeure lei na 'n lieflike stoep met meubels en 'n swembad.

Albei eenhede het toegang tot veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Gary K
Saam met lewensmaat
5.0
Minimalistic, uncomplicated, a place to sleep. Perfect for a short stayover exploring Stellenbosch central and surrounds.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Alison P
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely easy access, quiet place. Very central but quiet, clean, good coffee was a nice touch.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Louis Pieter M
Saam met lewensmaat
5.0
Moderne netjiese verblyf met baie sentrale ligging. Baie netjies en veilig. Puik diens. Ligging baie sentraal. Praktiese voorstel sal dalk 'n waaier, ...
Sien meer
Nov 2024
Aneke K
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Vreeslik lekker gebly, sal nerens anders slaap as ons weer Stellenbosch toe gaan nie.
Okt 2024
Jenna M
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable. It was a great stay, meeting our expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Carl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Culemborgsingel 8, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kockies @ die Boord het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Culemborgsingel 8, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf243f161109cd36e3df29ba62c469b2a12b8a90adced592ce2404aaf80711bdb4498e8ffef25d4660503945eb1eeb3904be8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 8 Culemborg Cresent Die Boord, Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.944464807541 18.847478842652

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang