Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Koeberg Kuiertjie

Selfsorg

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.0
Wem B
Kort verblyf
4.4
Des 2024

Weskus gasvryheid uit die boonste rakke van LekkeBly! Ongelukkig was Oupa en Kleinkind op besoek jeens afsterwe van 'n OumaGrootjie en dus nie vir plesier nie, maar ons gasvrou was 'n ster en lig in hierdie droewige tyd. Ontvangs was uitstekend met selfs die gesinnetjie betrokke met snoeperye en 'n pragtige verwelkomingsbriefie van haar dogtertjie van 12 jaar. Die plekkie is klein maar voorsien aan alles vir verblyf behalwe 'n ingeboude braai en braai area. Daar is nie DStv nie, maar wel Netflix, ens. vir die beeldradio kyker en tieners kan hul besig hou met 24/7 WiFi sein. Parkering is reg voor die akkommodasie. Privaatheid word gerespekteer en 'n lekker groot volwaardige yskas is beskikbaar met vars koue drinkwater. NB! Die verblyf fotos vertoon die nabygeleë Duynefontein strand en sig op Tafelberg, maar die akkommodasie is nie op of naby/in sig van die strand/see nie, maar baie naby aan die ingang na Koeberg Kernkrag sentrale gebied. Melkbosstrand winkel en restaurant infrastruktuur is redelik naby en Bloubergstrand se mall ook nie te ver vir besigheid en besoek nie. Alles was "tip-top" skoon, netjies en in orde. Gasheer was selfs buigsaam indien dit ons sou noop om langer aan te bly as beplan, maar gelukkig was dit nie nodig nie. Indien ek iets moet aanbeveel, sal ek aanbeveel dat 'n lugbraaier en klein Weber/gasbraaiertjie bygevoeg word in die toekoms. Hierdie verblyf is 'n klein juweel met egte liefde en vrede aanmekaar gesit en beheer deur 'n wonderlike gesinnetjie. Ek sal enige tyd weer daar gaan bly en beveel die akkommodasie ten sterkste aan. Dankie en gesin!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Neil Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 maande

Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edgar-singel 12, Duynefontein, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6a9b795ab81f6a4377fbc3422f148d7ae6f03b418c3206e828101fb0d9892684003e574811f28781da4e7a204881c60fa17f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 12 Edgar Crescent Duynefontein 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.6912907 18.445140328819

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang