Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Koel Seebries

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Nutans-straat 16, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Koel Seebries is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in die voorste ry van Danabaai se ongerepte strandfront. Bosbokke, steenbokke, fisante, tarentale en skilpaaie word soms in die oop erf gesien. Die woonstel spog met 'n uitsig oor die see.

Dié tweeslaapkamerwoonstel is op die grondverdieping van die eienaar se huis en bied slaapplek aan 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n enkelbed vir 'n vyfde gas. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, elektriese tweeplaatstoof, mikrogolf, braaipan, broodrooster en 'n ketel toegerus. Daar is ook 'n ontbythoekie vir 4 gaste. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV en lei na die houtdek met sitplek en braaigeriewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Naidene R
Gesin met tieners
5.0
Wonderful with an outstanding view! We loved our stay at Koel Seebries. Our hosts were helpful and friendly, and the view was beautiful...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Jacques V
Gesin met tieners
5.0
Awesome awesome. Asemrowende uitsig. Ligging is die beste. Ingerig met als wat jy nodig het vir 'n onvergeetlike bly. Sal definitief aanbeveel en enig...
Sien meer
Aug 2024
Mornay V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, veilige omgewing, uitstekend! Wat 'n lekker ervaring. Net om die see so naby te hê was wonderlik. Jy was wonderlik. Kan nie wag vir volgende ...
Sien meer
Mei 2024
Abrie P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly, sal beslis verblyf aanbeveel. Baie lekker gebly, baie mooi uitsig en rustig. Waarde vir geld en goeie geriewe.
Apr 2024
John K
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek, met asemrowende uitkyk oor die see. Waarde vir jou geld. Alle geriewe beskikbaar en baie skoon en netjies. Was 'n heerlike kuier.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Amanda Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 10 maande

Ligging

  • Nutans-straat 16, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Koel Seebries het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Nutans-straat 16, Danabaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e0c86bf3906b01013a0ee175a52b147c9cbc736d552de7e059b881680e81bbca3c214990f27f17b884e1c4a892e7cefc303?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 5) 5 5 1 5 16 Nutans Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -34.205552722432 22.03713959135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang