Koelwaters
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Estuary Country-landgoed, Villa 26, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 050 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Koelwaters is 'n bekoorlike selfsorghuis by die strand en is perfek vir 'n idilliese gesinsvakansie in Estaury Country landgoed, Port Edward. Die huis bied direkte toegang tot die strand en spog met 'n asemrowende see-uitsig.
Dié huis met lugversorging bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die tweede badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die oopplan-sitarea en -eetarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet en ontspan, terwyl hulle die asemrowende see-uitsig bewonder. Die sitarea het 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n knus sonkamer met oorgenoeg sitplek.
Verder is daar 'n tuin, braaigeriewe en parkeerplek op die perseel. Gaste het toegang tot die landgoed se gemeenskaplike swembad, 'n restaurant en 'n kroeg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Simone Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Estuary Country-landgoed, Villa 26, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Koelwaters het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Estuary Country-landgoed, Villa 26, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang