Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kohandè Glamping

Tentekamp
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erfdeel 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km vanaf Cullinan, 1002, Gauteng
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kohandè Glamping is in die skilderagtige Leeuwkloofvallei Bewarea in Gauteng, noordoos van Pretoria geleë. Kohandè Glamping is by De Wagensdrift en die ideale bestemming vir natuurliefhebbers.

Daar is 3 luukse tente, Ferox, Marlothii en Castonea, en elkeen het 'n houtvuurwarmbad op die stoep. 'n Krat hout word vir elke warmbad voorsien.

Elke tent het 'n ten volle toegeruste kombuisie wat ideaal is vir selfsorg en 'n privaat boma met braaigeriewe. Daar is ook 'n swembad waarin gaste kan afkoel. Geen kinders word toegelaat nie.

Elke tent is privaat en het sy eie lieflike panoramiese uitsig oor die Bosveld. Gaste kan die geroep van jakkalse vanaf hulle tente hoor.

Wild soos koedoes, rooibokke en njalas wei op die perseel. Kohandè Glamping is 'n voëlkyker se paradys en spog met volop voëllewe. Neushoringvoëls, vlieëvangers en vele meer woon in die vallei.

Kohandè Glamping is 48,7 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Oos- en Wesrand en O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë. Dis slegs 20 km van Cullinan af, wat alombekend vir diamante is.

Die Dinokeng Groot 5-reservaat is basies op Kohandè Glamping se voorstoep. Die area is malaria-vry en spog met 'n baie matige klimaat.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 264 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Vanessa M
Saam met lewensmaat
5.0
Kohande is so therapeutic. This was an extraordinary stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Adri S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend en sal vir seker weer gaan. Verblyf was uitstekend. Skoon, netjies en volledig toegerus. Net ongelukkig geen wild gesien nie.
Jul 2024
Wollie W
Saam met lewensmaat
5.0
Die hottub was fanatasties, selfs in die reen. Tent is netjies en skoon. Heerlik. Dit was 'n baie aangename verblyf. Het lekker gebly.
Jun 2024
Pieter T
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike wegbreek vir 'n paartjie. Sien sterre.
Jun 2024
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, uitstekend. Die hot-tub is 'n wenner. Die tent is behoorlik toegerus. Uitstekende akkommodasie met die beste geriewe. Daar het niks ontbre...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Desire Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 264

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Erfdeel 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km vanaf Cullinan, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Kohandè Glamping het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erfdeel 42 Leeuwkloof, De Wagensdrift, 25 km vanaf Cullinan, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c756346fb6b47513c43e61a99ce913ee95d7ade58b875e4b5dce333c20f4854b2eb5b76714cee449dc26f5385ef784df2ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 264 5 1 5 Plot 42 Leeuwkloof De Wagensdrift 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -25.513624698614 28.498165011406

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang