Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kol-In Selfsorg Eenheid

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Kol-In Selfsorg Eenheid bied verblyf in die stil dorpie, Prieska in die Noord-Kaap se Bo-Karoo. Die dorpie lê tussen die Doornberge en die Oranjerivier.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 1 is 'n ateljeewoonstel met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n slaaparea, badkamer en 'n kombuis. Die woonstel is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed, kasruimte en 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 2 is 'n ateljeewoonstel met slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 'n slaaparea, badkamer en 'n kombuis. Die slaaparea het 'n dubbelbed, 'n driekwartbed en kasruimte. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer.

Albei eenhede het kombuisies wat elkeen met 'n oondjie, tweeplaatstoof, broodrooster, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 3 bied slaapplek aan 1 gas en het 'n driekwartbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, dubbelstoof, broodrooster, ketel, wasbak en eetgerei toegerus.

Al 3 eenhede maak van sonkrag gebruik tydens beurtkrag en voorsien krag aan die ligte, TV en 'n plafonwaaier.

Elke eenheid het lugversorging. Gaste kan van die privaat braaigeriewe en swembad gebruik maak. Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Gratis WiFi word voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rozanne T
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en bo verwagtinge. Ons het baie lekker gekuier. Eenheid was skoon en netjies. Baie dankie!
Jun 2024
Dalena F
5.0
Baie oulike plekkie met vriendelike mense. Sal weer hier oorbly. Ek het baie lekker oornag. Baie oulike plekkie met vriendelike mense. Sal weer hier o...
Sien meer
Mei 2024
Deon V
Besigheidsreis
5.0
Vir oornag is dit puik. Baie meer gekry as wat ek verwag het. Die gasvrou het die ekstra myl gegaan om ons gemaklik te laat voel.
Mrt 2024
Nick V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker geslaap. Ja. Ons sou net die lugreëling koeler wou hê.
Jan 2024
Daniel H
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend! Baie dankie vir die heerlike ontvangs. Die kamer was perfek vir oornag met gerieflike beddens, lugverkoeling, WiFi, selfsorg kombuis met a...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Fiona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kol-In Selfsorg Eenheid het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Prieska Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHMczND7EwK8Tokt6waoNBV28B85v9oP25tlktQA4ftz0mmgqCz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 1) 33 5 1 5 67 Arbeck Street Prieska 8940 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.6727 22.74215

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang