Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kolobe Luxury Safari Tent

Wildsplaas
Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 16 November 2024. Bespreekbaar tot 30 Sep 2024

Tyd oor om te bespreek
13
Dae
1
Ure
42
Min
36
Sek
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosvark Inn Wildsplaas, Langs die R500, Fochville, 2520, Gauteng
  • Vanaf R3 200 R2 240 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Kolobe Luxury Safari Tent is 'n tentekamp wat onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is en op 'n privaat wildsplaas, net 15 km vanaf Fochville sentraal in Gauteng geleë is. Hierdie toevlugsoord bied 'n rustige wegbreek van die besige stad se gedruis.

Die tentekamp is aan die oewer van die gewilde watergat geleë waar wild gedurig kom groet en is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank wat slegs vir 2 kinders geskik is. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof en wasbak toegerus. Die eenheid lei na 'n dek wat 'n uitsig oor die watergat het en daar is ook 'n bomabraai-area met 'n KolKol-houtvuurwarmbad.

Verder kan gaste aktiwiteite soos vierwielmotorfiets, voëlkyk, wildkyk en sterrekyk geniet.

Kolobe Luxury Safari Tent is 40 km vanaf Potchefstroom-sentraal en 46 km vanaf Vanderbijlpark-sentraal.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 2
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ryan B
Saam met lewensmaat
5.0
Paradise in the bush. This was a very private experience with an abundance of game to view with your morning coffee.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Rene S
Saam met lewensmaat
5.0
Fenomenaal. Absolute wonderlikheid. Dit is net so 'n heel ander wereld. Ons het dit terdeë geniet. Werklik waar net die beste. Gaan net!
Jul 2024
Jan M
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Dit is 'n ongelooflike plek. Baie netjies en goed ingerig. Alles wat jy nodig het, is daar. Privaatheid 10/10 en hottub saam met uitsig is skitt...
Sien meer
Apr 2024
Cindy M
Saam met lewensmaat
5.0
'n Juweel van 'n plekkie, en 'n mens kan net lekker ontspan! Ons het heerlik gebly, so 'n pragtige plekkie in die middel van die bosveld! Privaat en b...
Sien meer
Mrt 2024
Justin M
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Dit was ongelooflik lekker. Dit is so stil en rustig daar.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Coert Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 78

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Bosvark Inn Wildsplaas, Langs die R500, Fochville, 2520, Gauteng
  • Gaste dink Kolobe Luxury Safari Tent het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
R3 200 R2 240
per nag, vir 4 mense
Vanaf R3 200
R3 200 R2 240
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosvark Inn Wildsplaas, Langs die R500, Fochville, 2520, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9fe96189e40522b77ba764e87ecdc199f9c983aa924a1510223bf7b2d5652124351ce987ed7cac7173a60738eddb0579ddd1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 200 nouVanaf R2 240 per nag, vir 4 mense 41 5 1 5 Bosvark Inn Gamefarm Off the R500 2520 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.596999 27.496822

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang