Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kombisa Lodge

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, 607 Itaga, Mabalingwe, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Kombisa Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat, 25km vanaf Bela-Bela en 90 min vanaf Pretoria geleë. Asemrowende uitsigte oor die reservaat is vanaf twee ruim houtdekke beskikbaar.

Hierdie selfsorg-lodge beskik oor 4 en suite-slaapkamers, asook ‘n solderarea met 2 enkelbeddens. Die solderarea het toegang tot ‘n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Een van die 4 slaapkamers is op die onderste vloer geleë. Daar is plafonwaaiers in al die kamers.

Die grondverdieping het ‘n ruim oopplan-leefarea met 'n -sitarea, -eetarea en -kombuis, en dit het toegang tot die onderste dek. Daar is ‘n aparte leefarea met ‘n ingeboude kroeg en gaskaggel, asook ‘n ekstra badkamer.

Die kombuis is met 2 yskaste, ‘n vrieskas, mikrogolfoond, ketel, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, breekware en eetgerei toegerus.

‘n Lapa met 'n ingeboude braaier en die nabygeleë opelug-boma bied genoeg ruimte vir familie en vriende om heerlik saam te kuier. Die swembad is omhein en bied ‘n pragtige uitsig oor die bosveld.

Gratis WiFi is beskikbaar en skoonmaakdienste kan gereël word.
Mabalingwe beslaan meer as 12 000 hektaar en beskik oor ryk voël- en dierelewe, insluitend die Groot 5. Gaste is welkom om by die nabygeleë swembaddens, tennisbane, putt-puttbane, restaurant en beroemde Kalahari-Bar te ontspan. Die Plaaswinkel is ongeveer 1 km vanaf Kombisa Lodge.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Karin M
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome, rustig, lekker vir 'n groter aantal mense. Heerlike plekkie met alles wat nodig is, mooi uitsig, sentraal geleë. Ons sal dit definitief weer ...
Sien meer
Sep 2024
Malebo M
Saam met vriende
5.0
We really enjoyed our stay there. Adventurous and safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Jenna A
Gesin met klein kinders
5.0
Value for money, spacious and comfortable. Lovely accommodation, spacious and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Christopher D
5.0
We loved staying at Kombisa Lodge, and will definitely return. This is an ideal lodge for a large group or family. Everything you need ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Chiquita L
Gesin met tieners
5.0
Would recommend lovely home and views. Was a lovely house, and a wonderful host. But the 5th room is fine for children but not for a co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R516, 607 Itaga, Mabalingwe, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Kombisa Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, 607 Itaga, Mabalingwe, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56c8d932be36aec5ab9c450e1c7d65d3c8e54e0060b40d71e9856441bc417acf75f6771f6e268f3a3943e31f13309cc7b672?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10) 28 5 1 5 R516 607 Itaga, Mabalingwe 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.815463888003 28.058343027537

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang