Komorebi
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powel-weg 2, La Pirogue 17, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 530 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Komorebi is 'n gerieflike selfsorgwoonstel op die grondvloer in die veilige La Pirogue-kompleks in Ballito. Dit is net 100 m van die strand af en stapafstand van die supermark en gewilde Mozambican Restaurant.
Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek vir 'n maksimum van 6 mense in 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, TV, spieëltafel en 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die derde kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, enkelbed en TV, en die laasgenoemde 2 kamers deel 'n tweede volledige badkamer met 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die moderne kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, stoof en oond en ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer is ingerig met 'n platskerm-TV (50") met DStv Premium en onbeperkte WiFi. Die leefarea maak oop op 'n privaat stoep met buitemeubels en 'n braai.
'n Veilige parkeerplek met afstandbeheerde toegang is beskikbaar. Die La Pirogue-kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad.
'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra fooi beskikbaar. Dié diens sluit die was van vloere, was van skottelgoed, die skoonmaak van die braai en die opmaak van beddens in. Die skoonmaakdiens is duurder op 'n Sondag en openbare vakansiedae. Skoonmaakdienste moet vooraf gereël wanneer gaste die bespreking maak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Michayla Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Jack Powel-weg 2, La Pirogue 17, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Komorebi het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powel-weg 2, La Pirogue 17, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang