Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kompass B&B

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Memento-rylaan 8, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kompass B&B is 'n bekoorlike woonstel wat tussen bome in 'n skilderagtige tuin in die vriendelike woonbuurt Durbanville geleë is. Dit is naby hospitale, winkelsentrums, skole, wynplase en die strand, wat net 30 minute se ry ver is.

Dié eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuisie wat met 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n sentrale eiland met stoele. Dit strek tot by die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.

Gaste sal hul privaat lapa-area net buite die sitarea vind waar hulle die rustigheid van die tuin kan geniet terwyl hulle braai. Dit is troeteldiervriendelik en gaste is welkom om hul vierbeenvriende saam te bring. Verder is parkeerplek op die perseel beskikbaar. Die B&B het sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
DStv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Barbara J
Saam met lewensmaat
5.0
5 ster. 5 ster verblyf. Het net aanbeveel dat die identiteit bietjie beter is. Groter bord of nr voor op die muur. Baie aangename verblyf.
Des 2024
Chris T
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, vriendlik, privaat. Baie lekker gebly! Ons diere het dit ook geniet.
Jun 2024
Solomie K
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ons het baie lekker gebly. Skoon en netjies. Vriendlik. Ons het ook die lekkerste ontbyt ontvang elke oggend.
Mei 2024
Dirk D
Saam met lewensmaat
4.8
Perfek. Uitstekend. Dit was perfek. Sal oor en oor daar bly.
Mei 2024
Marinda O
Saam met lewensmaat
4.4
Netjies en veilig. Netjies, volledig toegeruste eenheid. Net jammer vir koue stort omdat geyser nie aangesit is nie.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sherene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Memento-rylaan 8, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kompass B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Memento-rylaan 8, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd0f8abd0d0a8ffb8406cfe731176371493fe841787e3b636f6248bb80fe2b1810ee47df02b2c136dae17b9c2e67494c591b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 8 Memento Drive Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -33.845485770562 18.683763680803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang