Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piet Retiefstraat 5, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R828 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Koo Karoo Gaste-lodge in Montagu is sentraal geleë in die pragtige dorpie op die beroemde Roete 62. Die lodge bied selfsorg- en slegs-verblyf-opsies in die hoofhuis.
Dié Victoriaanse huis is al nagenoeg 100 jaar oud en spog met ruim, gerieflike kamers, 'n selfsorgkothuis en 'n selfsorgwoonstel wat gaste kan bespreek.
Die selfsorgkothuis is omskep uit 'n koetshuis en spog met baie van sy oorspronklike kenmerke, soos staldeure en klipmure. Die kothuis het sy eie privaat ingang wat 'n uitsig oor die klein swembad en tuin bied. Die selfsorgkothuis het 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Die kamers deel 'n badkamer wat deur 'n skakeldeur vanuit albei kamers bereik word met 'n bad en aparte storthokkie. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas met vrieshokkie, mikrogolfoond, broodrooster en ketel toegerus en die sitarea het 'n TV met die volle DStv-pakket.
Die selfsorgwoonstel is ideaal vir enkelgaste, paartjies of 'n groep van 5. Dié woonstel het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 1 enkelbed en 2 enkelbeddens in die oopplan-leefarea. Daar is 'n bad en 'n aparte stort in die en suite-badkamer. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas met 'n vrieshokkie, mikrogolfoond, broodrooster en ketel toegerus en die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket.
Daar is ook 3 en suite-slaapkamers by Koo Karoo Gastehuis. Kamer 1 het 'n koninggrootte-bed, Kamer 2 het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, en Kamer 3 het 'n koninggrootte-bed. Verder het elk van hierdie kamers ook 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n TV met die volle DStv-pakket en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n privaat ingang. Gaste kan ook van die hoofhuis se kombuis gebruik maak.
Gratis WiFi is beskikbaar. Kaartgeriewe is beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n omsetter wat die WiFi, alle TV's en 'n lig per eenheid tydens kragonderbrekings ondersteun.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Christine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 141
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Piet Retiefstraat 5, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piet Retiefstraat 5, Montagu, 6720, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang