Kosmos
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Simon Bekker-laan 204, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0844, Noordwes
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kosmos is 'n volledig gemeubileerde en stylvol ingerigte huis met lieflike uitsigte wat in 'n sekuriteitskompleks teen die hange van die Magaliesberge geleë is.
Dis 'n lieflike woning, maar let asb.: Die oprit na die huis is baie steil en nie enige voertuig kan daar opry nie. Daar is ook trappe wat geklim moet word. Neem asseblief kennis hiervan.
Kosmos het 'n groot dek met uitsigte oor die dam, damwal en die seiljagklub. Dié dubbelverdieping-huis het lugversorging in van die kamers en 4 en suite-kamers wat slaapplek vir 8 mense bied. Daar is 2 kamers op die grondverdieping en 2 kamers op die boonste verdieping. Die kamers het elkeen 'n dubbelbed. Die badkamers het storte. Daar is 'n gastebadkamer met 'n bad. Linne word voorsien. Daar is ook 'n slaapbank vir 2 kinders.
Die leefarea en die kombuis is op die grondverdieping geleë. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Gaste kan hul maaltye in die eetkamer nuttig.
Gaste kan langs die swembad ontspan of die braaigeriewe gebruik. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die huis het ook 'n kroeg en 'n pooltafel. Parkeerplek is beskikbaar, maar let asseblief daarop dat die oprit steil is. Daar is ook trappies wat na die huis lei. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Voltydse skoonmaker woon op die perseel wat beskikbaar is teen 'n ekstra fooi. Let asb, dat die maksimum aantal gaste in Kosmos 10 is.
Gaste kan gerus hul eie bote saambring, maar dié bote sal by die marina-klub vasgemeer moet word. 'n Boothuis kan ook bedags gebruik word. Daar is 'n verskeidenheid doendinge soos voetslaan, voëlkyk, watersport, visvang, gholf en verskeie besienswaardighede om te besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 21
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Simon Bekker-laan 204, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0844, Noordwes
- Gaste dink Kosmos het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kosmos Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Simon Bekker-laan 204, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0844, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang