Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kosmos Manor

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 107 Simon Bekker Drive, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

In die hartjie van die klein Monaco van die Hartebeespoortdam is die eksklusiewe Kosmos Manor Gastehuis, waar 'n hartlike verwelkoming vir jou wag. Die span wag om jou van die dag wat jy hier aankom tot die dag wat jy vertrek te vertroetel. Die gastehuis bied luukse akkommodasie vir 'n aangename nagrus.

Ons presidensiële suites het hul eie instapkaste, en suite-badkamers, kaggels en privaat balkon met uitsig oor die dam. Dan het ons ook 2 luukse en suite-kamers en 2 selfsorgwoonstelle. Al ons kamers het ondervloerse verhitting, lugversorging, verhitte handdoekrelings, DStv en koffie- en teemaakgeriewe. Dit word geëwenaar met 'n uitsig van die Hartebeespoort dam. Net die beste is goed genoeg vir ons gaste.

Skoonheidsbehandelings kan gereël word by die gastehuis, wat waarborg dat jy heeltemal verjong sal voel voordat jy terug gaan na die gewoel van jou daaglikse lewe. Het jy 'n verjaarsdag of 'n spesiale funksie wat opkom, waarom gee jy nie vir ons 'n luitjie nie? Ons sal jou dag onvergeetlik maak! Ons bied ook pakkette vir jou troufoto's en wittebrood. Ons konferensiekamer bied 'n eksklusiewe plek vir jou sake-vergaderings, klein konferensies en spanbou. Wat ook al jou vereistes, ons sal daarna streef om jou kuiertjie so warm, gemaklik en verwelkomend as moontlik te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Skuifie-projektor
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Anchen T
Gesin met klein kinders
5.0
Baie gerieflik! Dit was baie lekker! Vriendlike mense, warm vloere, skoon en baie netjies. Baie meer as wat ons verwag het!
Jun 2024
Richardo Jay V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Als was perfek, die diens wat gelewer is was meer as wat ons verwag het. Baie skoon en veilig. Die fotos online doen nie genoeg regverdigh...
Sien meer
Jun 2024
Nicolaas J
5.0
Netjies, skoon. Balkon 'n definitiewe bonus. Pragtige blyplek op die oewer van die dam. Netjies en gemaklik. Die balkon maak die verblyf soveel lekker...
Sien meer
May 2024
Istelle V
5.0
Netjies en veilig. Ons het baie lekker gebly. Sal vir seker weer by die Kosmos Manor bespreek.
May 2024
Charmaine B
Saam met lewensmaat
5.0
Romanties. Dit is die mees romatiese plekkie met die mooiste uitsig van die dam.
May 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 107 Simon Bekker Drive, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • Gaste dink Kosmos Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 107 Simon Bekker Drive, Kosmos, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd37c55987da7b5ff7662968861c849138a3877ae8318198bf9d42b0c0d5f35b4a180f4899ce93ff851c01d8fa5053910faf3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 107 Simon Bekker Drive Kosmos 0216 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.742179245872 27.848075330257

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang