Low's Creek
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas Rehoboth, Lovedale, Low's Creek, 1302, Mpumalanga
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Low's Creek is 'n lieflike plaas sowat 60 km buite Mbombela in Mpumalanga. Hierdie selfsorgverblyf is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens, en bied ook die opsie vir 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n ontbythoekie. Die leefarea het gemaklike stoele en 'n plafonwaaier.
Rehoboth Corporate House is perfek vir werkfunksies of korporatiewe wegbreke. Dit is ook ideaal vir groot gesinne of familie byeenkomste.
Die eenheid bied slaapplek aan 25 gaste.
Die eenheid het 3 verskillende badkamers wat elk 'n aparte toilet, storte en wasbakareas het. Daar is 4 kamers wat elk 6 of meer enkelbeddens het wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die eetsaal het sitplek vir 30 gaste en 'n kommersiële kombuis met baie pakplek en alle kombuisbenodigdhede. Daar is ook braaigeriewe, 'n buite-area en konferensiegeriewe wat ook as speelkamers gebruik kan word.
Die eiendom is omhein en het 'n lieflike tuin en 'n braai-area. Die woonstel is op 'n plaas waar organisese groente verbou word en daar ook opleiding hieroor plaasvind. Drie damme op die plaas bied ook visvanggeleenthede. Die plaas is die tuiste van pragtige voëls en 'n asemrowende berguitsig.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Frieda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Plaas Rehoboth, Lovedale, Low's Creek, 1302, Mpumalanga
- Gaste dink Low's Creek het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas Rehoboth, Lovedale, Low's Creek, 1302, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang