Kraaines
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kraaines is 'n moderne selfsorgstrandhuis met slaapplek vir 8 gaste net 500 m vanaf die strand in Boggomsbaai.
Die ruim huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en dis ideaal vir 2 gesinne. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders. Een van die badkamers het 'n bad en 'n toilet en die tweede badkamer het 'n stort en 'n toilet. 'n Buitestort is beskikbaar en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.
Gaste kan in die sitarea met 'n knus kaggel ontspan en die huis bied 2 TV's met films vir kinders en volwassenes, 'n verskeidenheid musiek en toegang tot Netflix. DStv is nie beskikbaar nie, maar gaste het toegang tot 50 GB se WiFi.
Die leefarea lei na 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig. Buitebraaigeriewe, tafeltennis en 'n veerpyltjiebord is in die dubbelmotorhuis beskikbaar. Vuurmaakhout word nie voorsien nie en gaste moet dit asb. saambring.
Gaste kan die verskeidenheid voëls en wild in die omgewing aanskou, die lieflike strand verken en walviskyk tussen Julie en November. Boggomsbaai is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n rustige bestemming sonder straatligte en winkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Boggomsbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Heidestraat 19, Boggomsbaai, 6511, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang