Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kranskloof Country Lodge

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kranskloof Country Lodge skuil in die hartjie van die Klein-Karoo. Die plattelandse lodge is op die R328, 15 km vanaf Oudtshoorn na die Kangogrotte, geleë.

Die 4 losstaande kothuise wat elk, afhangend van gaste se voorkeur, slaapplek aan 2 tot 6 gaste bied. Al die kothuise het 'n kombuisie wat met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, induksie-kookplaat en eetgerei toegerus is. Daar is ook 'n klein eetarea. Die verblyf word deur sonkrag aangedryf.

Elke kothuis het braaigeriewe en daar is 'n gemeenskaplike soutwaterswembad wat deur 'n groot tuin omring word en pragtige uitsigte oor die Schoemanshoekvallei en die Outeniekwaberge het.

Nabygeleë toeriste-aantrekkings sluit die Cango Volstruisplaas, Cango Wildlife Range, Cango-grotte, Rust en Vrede Waterval, Swartbergpas en Meiringspoort in. Gaste kan op en om die berg gaan stap en ook voëlkyk.
Aanbevole restaurante sluit Buffelsdrift en Wilgewandel in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 196 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hendrik J
5.0
Onvergeetlik lekker. Was 'n baie lekker naweek wegbreuk saam met die hele gesin. Dit was daai regte plaasatmosfeer en die verblyf was netjies en skoon...
Sien meer
Jan 2025
Tania V
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en rustige plaas atmosfeer. Baie lekker plekkie. Vriendelike ontvangs. 'n Ekstra handdoek reëling of klere rak vir nat klere sal handig te pas ko...
Sien meer
Jan 2025
Mariska N
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful and peaceful! What a beautiful place! So peaceful and stunning location! The owner is so friendly and extremely helpful. Got ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Werner S
Saam met vriende
5.0
Besonders. Baie lekker gebly, uitstekende diens en sal graag teruggaan.
Des 2024
Marelize V
Gesin met tieners
5.0
Netjies, rustig en baie gerieflik. Pragtige rustige omgewing. Netjiese en gerieflike kothuis. Was heerlik om hier te oornag.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Oumie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 196

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kranskloof Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kranskloof Country Lodge, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69de484583e6a26a56f83584d7698f2ecc0084cebed223622afe8ee39dd7d2eb6ef432d7309d55ada9ab60c8d4e96e119d32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 196 5 1 5 Kranskloof Country Lodge Schoemanshoek 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.468640473824 22.24566757679

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang