Kranskop B&B
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R341, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kranskop B&B geniet pragtige uitsigte oor die Swartberge en bied gaste 'n ontspanne B&B-wegbreek 20 km vanaf die bekoorlike dorpie De Rust.
Gaste het 'n keuse van lieflike kamers wat elk tot 2 mense kan akkommodeer. Die Gemsbok- en Zebra-kamers is aangrensend aan mekaar, en elke kamer het 'n rietdak vir 'n koel gevoel en het privaat ingange. Die Springbok-kamer is weg van die ander kamers geleë en kyk uit oor die tuin.
Die lieflike kamers is toegerus met plafonwaaiers en gemeubileer met 'n koningingrootte-bed of enkelbeddens met elektriese komberse vir die winternagte, en het 'n en suite-badkamer met storte en toilette. Elkeen van die kamers het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas en WiFi-toegang.
Gaste kan ontspan in die gemeenskaplike sitkamer wat 'n groot kaggel het vir die koue winteraande asook 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. Saans kan gaste om die boma-braai-area sit en na die miljoene sterre kyk.
Kranskop B&B bied 'n verskeidenheid doendinge soos 'n verhitte buiteswembad, 'n stoomkamer, masserings op versoek, voëlkyk, voetslaan en bergfietsry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gerrit Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Langs die R341, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Gaste dink Kranskop B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R341, Vlakteplaas, De Rust, 6650, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang