Kreef 302
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kreef 302 is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke geleë in die La Mer-kompleks wat sentraal geleë in Hartenbos is en 'n ideale opsie is vir 'n gesin wat die Tuinroete wil verken.
Dié woonstel op die tweede verdieping het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei badkamers is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale asook WiFi.
Boonop het hierdie woonstel 'n lieflike eetarea met oorgenoeg sitplek, 'n wynkoeler, 'n ysmasjien en 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir gaste om kwaliteit tyd saam te geniet. In die geval van beurtkrag het hierdie woonstel 'n omskakelaar wat die ligte en TV sal aanhou.
Gaste kan 'n verskeidenheid doendinge in die area geniet, soos swem, kanovaart, snorkel, skubaduik, bootritte, valskermsweef, gholf, voetslaan en putt-putt. Daar is ook 'n binnenshuise warm swembad en waterpark by die ATKV-sentrum.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Kreef 302 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang