Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kreef 302

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R960 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kreef 302 is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne afwerkings in die La Mer-kompleks in Hartenbos. Dit is ideaal vir 'n gesin wat die Tuinroete wil verken.

Die woonstel op die tweede verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket en WiFi.

Die woonstel het ook 'n lieflike eetarea met genoeg sitplek, 'n wynyskas, 'n ysmasjien en 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n omsetter wat die ligte en TV gedurende beurtkrag aanhou.

Aktiwiteite in die omgewing sluit swem, kanovaart, snorkel, skubaduik, bootritte, valskermsweef, gholf, voetslaan en putt-putt in. Daar is ook 'n binnenshuise warmwaterswembad en 'n waterpark by die ATKV-sentrum.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Tersia G
5.0
Fantasties! Die mooiste plekkie! Alles wat jy nodig het en 10 keer meer. Ons het so lekker gebly, dat ons sommer besluit het om 2 aande langer te bly!...
Sien meer
Aug 2024
Thania F
Saam met vriende
5.0
So gerieflik ingerig, skoon en netjies, het heerlik gebly. Heerlik gebly en gekuier.
Mrt 2024
Rene B
Gesin met klein kinders
4.8
Kreef 302 is 'n baie netjiese, skoon modern en praktiese woonstel! Alles wat jy nodig het - met 'n see-uitsig! Ons was aangenaam verras met 'n skoon, ...
Sien meer
Mei 2023
Jacco D
Gesin met tieners
4.8
Super aangenaam om in luukse, netjiese en uiters gerieflike verblyf te bly. Eienaars het werklik baie vermag met die woonstel en ons was bitter beïndr...
Sien meer
Mrt 2023
Doret D
Gesin met klein kinders
4.2
Modern, skoon, netjies. Lieflike moderne plek. Skoon & netjies. Alles wat nodig is en meer in die eenheid.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kreef 302 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R960
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
R1 200 R960
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-straat, La Mer - Kreef 302, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa696f47e6c6af41e15405b1a6b71cfc800233bdbb963bd1f4a62cf0d9355181553ebc63584d95c5c737de904583a7a6fadc0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R960 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Port Natal Street La Mer - Kreef 302 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.129269881686 22.112151607295

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang