Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Krisjan`s Beach House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Read-straat 10, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Krisjan`s Beach House is 'n selfsorg-strandhuis in die hoofstraat van Keurboomstrand en net 100 m ver van die hoofstrand af. Gaste kan op die stoep braai terwyl hulle omring is met prentjiemooi uitsigte oor die see. Die strandhuis is naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. DIe hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dit is moontlik vir 1 kind om op 'n matras in die leefarea of slaapkamer te slaap.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke met 'n TV en die eetarea het genoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.

Daar is 'n aparte ingang, parkeerplek en oprit na die huis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Ekstra enkelmatras

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hermien G
5.0
Wonderlike seevakansie wat net te vinnig verby is! Ons het baie lekker gebly! Krisjan's het alle geriewe om 'n mens se verblyf so aangenaam moontlik t...
Sien meer
Mrt 2024
Nicoleen C
5.0
Puik. Mooi moderne verblyf. Puik toegerus. Pragtige seeuitsig. Bed slaap ook baie lekker.
Mrt 2024
Salomé W
Saam met lewensmaat
5.0
Sien bg. Dit is so lekker daar dat ons elke jaar wil terugkeer. Die goed ingerigte en versorgde huis met sy lekker braaistoep en mooi uitsigte is onve...
Sien meer
Feb 2024
Carina V
Saam met vriende
5.0
Het al ons verwagtinge oortref. Hierdie was die perfekte plek vir 3 paartjies om 'n langnaweek deur te bring. Die 3 dubbelbed-kamers was ideaal vir on...
Sien meer
Mrt 2023
Salomé W
5.0
Perfekte plek om 'n mens se batterye te herlaai. Reëlings en kommunikasie vooraf was uitstekend. Die huis is baie goed toegerus met alles wat jy benod...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Anzel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Read-straat 10, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
  • Gaste dink Krisjan`s Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Read-straat 10, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb44a90592f9343ae5398ca6d99c2b4114150788e2c1146971d8972ece86477eca4a779f2012d42d8a9d21bb97bf17996e22e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 10 Read Street Keurboomstrand 6602 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.0025601 23.4604868

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345