Kromrivier Farm Accommodation
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromrivierplaas, R406, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kromrivier Farm Accommodation skuil aan die voet van die Riviersonderendberge tussen Greyton en Riviersonderend. Kromrivier Farm Accommodation is 16 km vanaf Riviersonderend en 20 km vanaf Greyton en dis die ideale verblyf vir avontuurlustige gaste.
Die eiendom bied 2 selfsorg-eenhede. Die Oak Lodge is 'n rustieke eenheid met slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamers het dubbelbeddens en stapelbeddens en maak van 'n aparte buitebadkamer vir mans en vroue gebruik. Daar is storte wat met 'n donkie-geiser verhit word. Die eenheid het nie elektrisiteit nie, maar die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas en laaipunte vir selfone, tablette en skootrekenaars toegerus.
Die luukse Morado-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n uitsig oor 'n privaat dam. Dis ideaal vir 'n paartjie. Die eenheid beskik oor 'n en suite-slaapkamer, kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n losstaande bad en 'n stort met 'n lieflike uitsig deur die groot vensters. Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof en 'n oond toegerus. Alle breekware, eetgerei en kookgerei word voorsien. 'n Groot skuifdeur lei na die tuin met 'n privaat braai-area en 'n uitsig oor die dam. Gratis WiFi is beskikbaar.
Kromrivier is 'n plaas waar gaste soms skape, koeie en die plaashond sal sien. Daar is verskeie aktiwiteite, soos voetslaanroetes, swem, visvang, 4x4-roetes, bergfietsroetes, woudwandelinge en voëlkyk op die plaas.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Meghan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 39
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kromrivierplaas, R406, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
- Gaste dink Kromrivier Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riviersonderend Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromrivierplaas, R406, Riviersonderend, 7250, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang