Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger KayaLakho

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Sam B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

'n Belewenis, en gasvryheid is onvergeetlik. Dit was 'n baie lekker wegbreek, ons het dit baie geniet. Die rustigheid is iets om self te beleef.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Ulrich-hulle was 'n plesier om hier te hê; ware bosmense. Julle sal so welkom wees met julle volgende besoek.

Hantie P
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2022

Absoluut fantastiese verblyf. Die gasvryheid staan uit en die netheid van die plek was 100%. Ons het die aand geselsies met die gasheer baie geniet. Die diere wat ons op ons voorstoep besoek het was elke aand 'n hoogtepunt. Gerieflik, gemaklik en veilig met alles wat nodig is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hantie, was die absolute ideale gaste. Lief vir die bos en goed ingelig. Wonderlike mense, en het die plek mooi skoon gelos, ná 10 dae. Kom terug Hantie, asb kom terug.

Ulrich D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Baie goeie diens en die gasvryheid van die eienaar baie verwelkomend. Die nagapies was 'n baie spesiale ervaring wat ons vir lank sal koester. Dankie dat jy met ons jou stukkie paradys gedeel het Frank.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Onvergeetlik. Eienaars is uiters gasvry. Interaksie met die wilde diere 'n belewenis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hallo Rinie Baie, baie dankie vir jou mooi woorde oor Kruger KayaLakho, ek is so bly julle het dit geniet. Wees verseker julle sal so welkom wees wanneer julle weer kom kuier. Frank Kruger KayaLakho

Lynette V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2021

Rustig, stil en gerieflik. Vir ons was dit 'n kort wegbreek van die stad se gewoel en geraas. Ons wou kop skoonmaak in die rustigheid en stilte van die natuur en ook naby aan ons geliefde Krugerwildtuin wees. Kruger KayaLakho het dit alles en nog meer vir ons gebied. Frank, die eienaar se gasvryheid het ons onmiddellik tuis laat voel en die kamer was netjies en skoon en het alles gebied wat ons nodig gehad het. Daar is gereeld kuiergaste in die vorm van diere soos sebras, kudus, blouwildebees, vlakvarke, bosbokkies, duikers ens. en die lekkerte daarvan is dat mens hulle kan voer. Frank sal vir jou sê wat om te voer. In die aand kom haal die nagapies hul piesang van die stoeptafeltjie af terwyl mens vir hul sit en kyk. Dit was regtig vir ons wonderlik en die geriewe was puik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Dankie vir die mooi woorde oor KayaLakho. Julle was 'n plesier om hier te hê en kom asseblief weer.

Ella S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2021

'n Ware gasheer! Heerlik gerus. Die kamer is goed ingerig. Ons het heerlik gekuier met Frank.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Pieter A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2020

Rustig en ontspannend Vriendelike ontvangs deur Frank en Roberta. Akkomadasie was skoon, netjies en gerieflik. ideale wegbreek plekkie weggesteek in die bosveld. Sal Kayalakho enige tyd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hello Pieter, Dankie vir julle positiewe woorde oor KayaLakho. Dit raak lekker warm hier en die veld is vinnig besig om groen te word. Ons hoop julle kan eersdaags weer kom. Baie groete.

Chris F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2020

Great relaxing stay very close to nature. Comfortable cosy accommodation with very friendly and accommodating hosts. Ideally located, a short pleasant walk to the view site overlooking Kruger National Park. Plenty of wildlife (kudu, zebra, warthog, bush babies, bushbuck, wildebeest, etc) visiting within metres of the unit. Perfect for a "close to nature" experience.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hello Chris, Thank you for your kind words about Kruger KayaLakho. You were such lovely guests, so quiet. The first rains have come and the veld will be green in 10 days' time, you must please come again. Many regards. Frank Kruger KayaLakho

Hennie D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2020

Blyplek netjies en skoon. Frank se verwelkoming word waardeer. By ons aankoms was die blyplek netjies en skoon. Frank was daar om ons te verwelkom en het alles mooi verduidelik wat alles behels. Die wild wat gedurig ons kom besoek het was 'n ondervinding wat ons lank gaan onthou. Nog 'n verrassing was die Weber wat alreeds gepak was, ons moes net aansteek. Dankie Frank.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hallo Hennie Baie dankie vir jou goeie woorde oor KayaLakho hier in Marloth Park. Dit was ook 'n plesier om julle hier te he. Wees verseker dat julle enige tyd in die toekoms baie welkom sal wees hier. Baie groete Frank Kruger KayaLakho

Vera P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2020

Rustige bos-atmosfeer!! Ons het heerlik gekuier, dankie Frank en Roberta. Alles was perfek en ons sal beslis weer kom. Alles was skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frank
Kruger KayaLakho
Hello Vera, Baie dankie vir julle mooi woorde oor ons plekkie, waardeer dit baie. Julle moet asb weer kom; julle was die volmaakte gaste!

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Frank Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 35

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R795
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R795
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koperkapelstraat 2348, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA35aNKtBjego88PVIO3bKmtKWMO2Ue0PEiHgpPQYC7suKmCja7T?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R795 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 2348 Koperkapel Street Marloth Park 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.339407822463 31.77991934326

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang