Kruger Nest
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiewietlaan 4042, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 200R1 980 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kruger Nest is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in Marlothpark, 'n bewarea langs die Krugerwildtuin se suidelike grens. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie.
Dié verblyf bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n gemaklike koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Elke slaapkamer het lugversorging en elke badkamer het 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is op die solder en het elk 2 enkelbeddens en die badkamers het elk 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n gemaklike rusbank. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Gaste het toegang tot 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n vuurput. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en die verblyf is net 'n entjie se ry vanaf die Krokodilbrug se ingangshek en bied maklike toegang tot die Krugerwildtuin. Die reservaat spog met uiteenlopende natuurlewe en bied die geleentheid om diere rondom die lodge te sien. Gaste kan toegang tot die Krugerwildtuin deur die Krokodilbrug se hek of Malelane se hek verkry.
Alle elektriese toestelle, behalwe die lugversorging, word deur sonkrag aangedryf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Kruger Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kiewietlaan 4042, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Nest het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiewietlaan 4042, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang