Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger Park House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Flamingovlei-straat 335, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kruger Park House is ’n selfsorghuis in die dorpie Hazyview, wat wêreldbekend is vir die maklike toegang wat dit tot die prentjiemooi Panoramaroete bied. Hazyview spog met oorgenoeg buitemuurse aktiwiteite, onstpanningsgeriewe en aktiwiteite vir avonturiers, van ziplining, riviervlotvaart en warmlugballonvlugte, tot kulturele toere deur die dorpie. Die huis is 11 km vanaf Phabeni-hek wat na die Krugerwildtuin lei.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 3 badkamers, en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kamer het 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 2 slaapkamers met en suite-badkamers op die hoofverdieping, 1 met ’n stort en 1 met ’n bad, en ’n solder en suite-slaapkamer op die tweede verdieping met ’n bad.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ’n gemaklike sitstel, lugversorging, en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na ’n lieflike stoep wat reg rondom die huis strek, en oor ’n braai-area en etenstafel beskik. Die goed versorgde tuin is omhein en daar is onderdakparkeerplek vir verskeie voertuie. Die huis word elke dag volledig skoongemaak. Daar is ’n sekuriteitswag aan diens elke aand, wat ook beskikbaar is om met sekere dinge te help, bv. om braaivure aan te steek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
3.3
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Polla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Flamingovlei-straat 335, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Gaste dink Kruger Park House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Flamingovlei-straat 335, Hazyview, 1241, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9tJ8VFrmNTsYfYs6U8VPeVNyxUpS5d8De9YKlHLlQNI95zVs7J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 335 Flamingovlei Street Hazyview 1241 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.032465102666 31.142997126407

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang