Kruger Park Lodge 521
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kruger Park Lodge 521 is 'n ruim selfsorghuis 40 km vanaf Sabi Sand Wildreservaat in Hazyview. Dis die ideale verblyf vir 'n gesinsvakansie en dit het 'n privaat swembad by die eenheid.
Die lieflike eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer lei na 'n privaat balkon en het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n bad, stort, dubbelwasbak-eenheid en 'n toilet. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort en die derde badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar. Die eetarea is langs die kombuis en dit het oorgenoeg sitplek vir gaste. Die eetarea lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar afhangend van beurtkrag.
Skuifdeure lei na 'n groot onderdakstoep met stoepmeubels. Die stoep lei na 'n houtdek met 'n swembad, sonstoele en 'n ingeboude braai waar gaste lekker kan ontspan en die uitsig geniet.
Die landgoed bied geriewe soos minigholf, 'n speelplek, gholfbaan, tennisbaan, sondek, braaigeriewe, 'n gemeenskaplike swembad en masseerterapie. Gaste kan 'n maaltyd by die restaurant op die perseel geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Joey Geverifieer
Eiendomme 28
Resensies 109
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Park Lodge 521 het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang