Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger Park Lodge 521

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kruger Park Lodge 521 is 'n ruim selfsorgvakansie wat 40 km vanaf Sabi Sand Wildreservaat in Hazyview geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aangesien dit 'n privaat swembad by die eenheid self het.

Hierdie lieflike eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer maak direk oop op 'n privaat balkon en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. 'n Bad, stort, dubbelwasbak en toilet is beskikbaar in die hoof en suite-badkamer. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort, terwyl die derde badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die lugversorgde leefarea beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Langs die kombuis is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Van die eetarea af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar, afhangend van beurtkrag.

Deur die skuifdeure is daar 'n ruim onderdakstoep met buitemeubels. Hierdie patio lei na 'n houtdek met 'n swembad, sonstoele en 'n ingeboude braai wat net die perfekte plek is vir volle ontspanning terwyl jy die omliggende uitsigte bewonder.

Die landgoed bied 'n verskeidenheid geriewe soos minigholf, 'n speelgrond, 'n gholfbaan, 'n tennisbaan, 'n sondek, braaigeriewe, 'n gemeenskaplike swembad en masseerterapie. Gaste kan ook 'n maaltyd by die restaurant op die perseel geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.5
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Joey Geverifieer

Eiendomme 28

Resensies 111

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Kruger Park Lodge 521 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hippo-singel, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09f1f989c69952c47ccf0eb0a9a3c6bb39b9173ae7f0d970c5bf9b4c1963fea5b1a75c621999c44095b2aaf51941547fc427?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 Hippo Crescent Kruger Park Lodge 1242 Mpumalanga 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -25.034967423733 31.135290457672

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang