Kruger Park Lodge Chalet 226A
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shibangu-rylaan, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kruger Park Lodge Chalet 226A is 'n selfsorg-chalet met 3 slaapkamers in privaat besit. Dié luukse chalet het 2 verdiepings en is volledig gemeubeleer. Dis op 'n RCI-gholflandgoed in Hazyview geleë.
Shongwe Ingwe bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders in 3 slaapkamers. Hierdie chalet is nie geskik vir 4 paartjies of 8 volwassenes nie. Die hoofslaapkamer het 1 koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met ingeboude kaste, plafonwaaier en lugversorging. Hierdie kamer het ook 'n deur wat na die stoep lei. Die tweede slaapkamer het 1 koningingrootte-bed, ingeboude kaste, lugversorging en plafonwaaier. Die tweede badkamer is langs hierdie slaapkamer en is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en eetarea. Die sitkamer het 'n TV met DStv wat op die dekstoep met 'n ingeboude braaiplek oopmaak.
Die solderkamer is ruim en bied slaapplek vir 4 persone op 2 enkelbeddens en 1 stapelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en dubbelwasbakeenheid. Daar is ook 'n sitarea met 'n TV, plafonwaaiers en skuifdeure na die balkon op die boonste verdieping.
Die chalet het gratis, beperkte WiFi.
Geriewe sluit tennisbane, vlugbalbaan, 3 swembaddens, mini-gholf, kinderkarretjies en buitelugskaak in. Verder is daar ook 'n seekoei- en voëlskuiling, restaurante en wassery op die perseel.
Let wel dat Kruger Park Lodge is gesinsoord is en 'n streng geraasbeleid het wat deur bestuur afgedwing word.
Die Kruger Park Lodge is 10 minute se ry vanaf die Krugerwildtuin se Phabeni-hek en 35 minute se ry vanaf die Krugerhek. Privaat safari-toere kan gereël word deur toermaatskappye. Daar is verskeie supermarkte, winkels, restaurante en buitelugdoendinge in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Breena Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Portia Shibangu-rylaan, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Park Lodge Chalet 226A het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shibangu-rylaan, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang