Kruger Park Lodge Unit No. 221
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shabangu-straat, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Kruger Park Lodge Unit No. 221 bied selforgverblyf met 'n tuinuitsig in die Kruger Park Lodge Resort in Hazyview en dit is ideaal vir 'n vakansie vir 'n gesin of groep vriende. Hierdie eenheid het 'n omskakelaar om gaste se verblyf tydens beurtkrag meer aangenaam te maak.
Hierdie dubbelverdiepinghuis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers met lugversorging en 3 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 3 van die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het lugversorging en 'n kombuis wat 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele het. Daar is 'n spens en 'n waskamer wat 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër het. Die kombuis lei na die etenstafel wat sitplek vir 8 gaste het, en daar is 'n knus sitarea wat gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV het. Daar is gratis WiFi, maar dit is nie tydens beurtkrag beskikbaar nie.
Die houtskuifdeure lei na die ruim onderdakstoep wat 'n etenstafel en 'n ingeboude braai het. Hierdie stoep lei na 'n houtdek wat 'n uitsig oor die omliggende bosveld bied.
Gaste het toegang tot die oord se aktiwiteite wat 'n gemeenskaplike swembad, tennisbane, 'n putt-puttbaan, klimraam vir kinders, wilduitkykpunte en 'n restaurant op die perseel insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Joey Geverifieer
Eiendomme 28
Resensies 113
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Portia Shabangu-straat, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Park Lodge Unit No. 221 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portia Shabangu-straat, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang