KU DE TA B&B
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Jacaranda-weg 11, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R1 090 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Welkom by KU DE TA in Witrivier, 'n B&B en gastehuis in die hartjie van Suid-Afrika se subtropiese Laeveld.
Ons het 7 en suite-kamers met buite-ingange, die meeste is privaat, daar is binnehowe, van die kamers het addisionele buitestorte en van die ander kamers het plaasstoepe wat uiters geskik is vir die Laeveldklimaat. Al die slaapkamers is individueel versier met soliede, sterk Indonesiese kiaathoutmeubels. Die minimalistiese lyne dra by tot 'n atmosfeer van vrede, kalmte en rus. Die koidam loop om die huis, vloei in- en uit die binnehowe en weerspieël kalm verrukking.
Die ruim sitkamer met ekstra-grootte dagbeddens is ideaal vir luilekker ontspansessies in smiddae. Ons bedien 'n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt in die eetkamer waar al die deure oopgevou word na die tuin. Aandetes op versoek - bespreek asseblief 'n dag voor die tyd.
'n Die welige subtropiese tuin met sy golwende grasperk en majestueuse 'royal palms', groot skadubome, orgideë, varings, kleurvolle struike en seldsame versamelaarsplante bied 'n koel toevlugsoord.
Die plattelandse dorpie Witrivier is geleë tussen die Laeveld se mooiste juwele: die Blyderivier Canyon, die Krugerwildtuin en die historiese dorpies Barberton en Pelgrimsrus. Crocodile Gorge, die pad na Maputo en talle privaat wild lodges is ook in die omgewing. Casterbridge is nét die plek vir handwerk-inkopies en daar is ook 'n paar uitstekende restaurante.
Kenmerke
Geriewe
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Jacaranda-weg 11, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink KU DE TA B&B het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Jacaranda-weg 11, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang