Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kudu Haven

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R56, Knoffelsvlei Plaas, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Kudu Haven bied gerieflike selfsorgverblyf aan 9 gaste op 'n plaas net 27 km van Middelburg in die Oos-Kaap af.

Dié plaashuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Een van die slaapkamers het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed, asook 'n stapelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet.

Die Karoo-styl kombuis is met 'n tweeplaatstofie, 'n oond, mikrogolf, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan maaltye by die etenstafel geniet. Daar is ook 'n sitarea wat toegang tot 'n stoep met 'n pragtige uitsig oor die omgewing bied.

Gaste kan in die swembad afkoel, die tennisbaan gebruik en op die perseel bergfietsry, voetslaan, bergklim, voëlkyk en wildkyk. Daar is ook perdritte op versoek beskikbaar teen ekstra koste.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annecke W
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld. Rustige oornag blyplek as jy hou van die platteland. Lekker met klein kinders, want hulle kon buite speel terwyl ons braai. Ek sal oo...
Sien meer
Aug 2024
Alma P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goed. Baie goeie oornagplek en uitstekende gasvryheid van die gasheer. Sal beslis aanbeveel.
Mrt 2024
Riana K
Saam met vriende
5.0
Absoluut wonderlik. Met ons aankoms het daar 'n varsgebakte brood, hout gepak in die braaier en boma, 'n nonnetjiesuil wat ons begroet het by die agte...
Sien meer
Okt 2023
Lezanne V
Gesin met tieners
5.0
Rustige en mooi omgewing! Dit is regtig 'n pragtige plek met sy plaashuisgevoel, die skapies en die skilpad wat so saam al om die huis wei. Die stilte...
Sien meer
Okt 2023
Martin R
Saam met lewensmaat
4.2
Alles wat ons nodig gehad het, was daar. Ons het baie lekker gebly.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs die R56, Knoffelsvlei Plaas, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kudu Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R56, Knoffelsvlei Plaas, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84af68a955c39e0914f13d9bdc82af8f16b5834ab4a5fa81a26d24c07e20d18f95f87b516fa7cf95d26294ae60cb504f069c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 9 mense 11 5 1 5 Off the R56 Knoffelsvlei Farm 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.361572063308 25.215471733246

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang