Kuiergat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Duinepark, Tuna-straat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Kuiergat is 'n selfsorgwoonstel op die tweede verdieping teen die strand in Witsand met 'n uitsig oor die see vanaf die slaapkamer, sitkamer en balkon. As jy gelukkig is sal jy ook walvisse in die winter gewaar.
Die woonstel is op die eerste verdieping van die huis geleë, het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers. Let asb. dat daar ongeveer 15 TRAPPE na die eenheid is.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens vir kinders. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en stort.
Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Handdoeke kan wel teen 'n eenmalige fooi gehuur word indien dit absoluut nodig is.
Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstofie, oond, mikrogolf, yskas en 'n toonbank toegerus. Daar is ook 'n sitkamer en binnebraai-area.
Daar is parkeerplek vir 1 voertuig langs die huis. Parkeerplek vir 'n boot en ander voertuie moet voor aankoms gereël word. Gaste se besoekers moet asb. buite die kompleks parkeer.
Daar is 'n TV in die sitkamer met Openview so gaste is welkom om hulle eie dekodeerder te bring.
Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. 'n Eenmalige skoonmaakfooi word by elke bespreking gehef. Gaste sal vir enige skade aan eiendom, hetsy aan gebou of inhoud, breekware, meubels ens verantwoordelik gehou word en sal die waarde soos bepaal per item moet betaal.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hester Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 95
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Duinepark, Tuna-straat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Kuiergat het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Duinepark, Tuna-straat, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang